1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - The Housing Development NGOs offering Housing Education and Training Programmes in South Africa

 

Abstract

Die artikel beskryf nie-regeringsorganisasies wat behuisingsopleidingskursusse in Suid-Afrika aanbied. Dit argumenteer ook dat Verbruikerswetenskaplikes 'n rol in hierdie verband het om te speel. <br>Volhoubare behuisingsonwikkeling behels die fisiese lewering van huise, sowel as die ontwikkeling van die kapasiteit van gemeenskappe, die uitbreiding van geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die daarstelling of versterking van gemeenskapsorganisasies. <br> 'n Twee-stap steekproefproses is gebruik om die relevante nie-regeringsorganisasies te identifiseer. Fokusonderhoude is as navorsingstegniek gebruik om 'n kwalitatiewe beskrywende studie van die relevante nie-regeringsorganisasies te doen. <br>Slegs elf nie-regeringsorganisasies is in Suid-Afrika gevind wat gestruktureerde behuisingsopleiding verskaf as deel van hul behuisingsprojekte. Hierdie organisasies is ongelyk versprei in die verskillende provinsies van Suid-Afrika en is meestal slegs in stedelike gebiede werksaam. <br>Al elf die nie-regeringsorganisasies bied behuisingsopleiding sowel as gemeenskapsorganisasieontwikkelingsprogramme vir gemeenskappe aan. Slegs vier van die organisasies bied behuisingsopleiding vir gemeenskapsbehuisingsadviseurs aan, wat weer geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling aan die gemeenskap bied. Om te verseker dat behuisingsontwikkeling in gemeenskappe volhoubaar is, behoort meer geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling by projekte ingesluit te word.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/29/1/AJA03785254_40
2001-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error