1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Breast feeding practices of mothers with children (aged 0-36 months) in a rural area of South Africa : a qualitative approach

Volume 29 Number 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Hierdie studie was 'n verkennende ondersoek na die borsvoedingspraktyke van moeders / versorgers wat twee babaklinieke in die Moreteledistrik besoek. Beide kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodologie� is toegepas. Individuele en fokusgroeponderhoude is vir data-insameling gebruik. 'n Geriefsteekproef (N = 174) moeders / versorgers is vir die onderhoude getrek. Ses ouderdomskategorie� is aan die hand van bekende dieetveranderingsfases gebruik. <br>Die antropometriese resultate het op groeipatroonabnormaliteite gedui wat op 18 maande 'n piek bereik het (suboptimale groei) en weer teen 24 maande gestabiliseer het. Dieetinname het 'n beperkte verskeidenheid getoon en was voldoende behalwe wat yster, kalsium, sink, niasien, vitamiene D en A betref. <br>Borsvoeding was die keusevoeding, maar dit was moeilik om die borsvoedingspraktyke (voedingstye en -frekwensie, duur van voedings) akkuraat te bepaal. Vaste voedsel is vroeg reeds (voor 4-6 maande) (87%) in die dieet ingesluit weens die moeders se persepsie van 'n honger baba. Graan (48%) en water (16, 7%) is eerste vir fisiologiese / gesondheidsredes bygevoeg. Borsvoeding is op 18-24 maande (83, 3%) gestaak. Die meeste kinders (34, 5%) het vanaf 7-12 maande 'n gemengde gesinsdieet ontvang. <br>Die gevolgtrekking is dat moeders se kennis oor die voordele van borsvoeding, voedingspraktyke, en redes vir die insluiting van vaste voedsel ontoereikend is. Onderrig oor babavoeding / -voedingspraktyke (spesifiek borsvoeding en spening) word aanbeveel om chroniese wanvoeding en voedingsprobleme in hierdie gemeenskap te voorkom.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/29/1/AJA03785254_44
2001-01-01
2017-07-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error