1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Adopting a global perspective in the discipline consumer science

 

Abstract

'n Oorwegend materialistiese waardestelsel en blootstelling aan die kragte van 'n ekonomiese markstelsel, het meegebring dat die moderne verbruiker 'n groot premie plaas op besittings en daarop ingestel is om weelde-artikels te versamel. Met persoonlike bevrediging as dryfveer en die strewe om hulle lewenstyl te verbeter, gaan verbruikers dikwels tot uiterstes om behoeftes aan goedere en dienste te laat realiseer. <br>As in aanmerking geneem word dat die aarde se hulpbronne beperk is en dat die huidige w�reldpopulasie reeds meer gebruik as wat vervang kan word, is dit belangrik dat dit ons erns word om ons bestedingspraktyke te heroorweeg en om aanpassings te maak. 'n W�reldperspektief in verbruikersgedrag word as alternatief voorgehou, dit wil sê doelbewuste aksies om 'n volhoubare verbruikpatroon aan te moedig wat tot 'n eenvoudiger lewenstyl sal lei en wat sal verseker dat ons verbruik nie ten koste van die minder gegoede en ook toekomstige generasies is nie. <br>Die basiese beginsels wat die aannames van 'n w�reldperspektief tot verbruikersgedrag saamvat, word genoem en kortliks bespreek. Daar word voorts beklemtoon dat enige beroep op die mensdom as verbruikers van hulpbronne, om te verander en om aanpassings te maak, prakties en uitvoerbaar moet wees om uiteindelik 'n lewensbenadering te kan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/29/1/AJA03785254_49
2001-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error