1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - A procedure for the elicitation of a script for the acquisition of household appliances within a consumer decision-making context

 

Abstract

Tekse / geskrifte vir gebeure soos 'n besoek aan 'n dokter, die bywoon van 'n lesing, eet in 'n restaurant en opstaan en gereedmaak vir skool is in die vroeë jare van die ontwikkeling van tekse saamgestel toe die bestaan van kognitiewe strukture, veral gebeure-skemata in die langtermyn geheue, sielkundiges se belangstelling geprikkel het. <br>Hoewel aankope in 'n kruidenierswinkel een van die tekse is wat aanvanklik ontwikkel is in 'n poging om die eienskappe van tekse te bepaal, kon geen bewys gevind word dat tekse vir aankoopaktiwiteite saamgestel is met die spesifieke doel om verbruikers se implimentering van die aankoopproses bloot te lê ter wille van beter begrip van wat in die praktyk gebeur nie. <br>Twee sake word in hierdie artikel aangeraak. Eerstens word die potensiaal van tekse in terme van die praktiese aanwending daarvan in verbruikersgedragnavorsing voorgehou. Tweedens word 'n prosedure vir die ontwikkeling van 'n teks vir die aankoop van groot huishoudelike toerusting voorgestel met in agneming van besware en probleme wat tydens vorige navorsing met tekse geopper is in 'n poging om data te verkry wat betroubaar en waar is. 'n Teks vir die aankoop van groot huishoudelike toerusting kan die weg baan vir soortgelyke studies met betrekking tot ander kommoditeite tot voordeel van verbruikers, die handel en industrie.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/30/1/AJA03785254_62
2002-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error