1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Consumer acceptability and salt perception of food with a reduced sodium content

 

Abstract

Die doel van die studie was om te bepaal tot watter mate die soutinhoud van voedsel verlaag kan word, sonder om 'n betekenisvolle verandering in die aanvaarbaarheid en soutpersepsie van 'n reeks tuisvoorbereide voedsels te veroorsaak. <br>'n Verteenwoordigende steekproef van die stedelike populasie in die Vrystaat (N=58) is gebruik, met ouderdom en ras as voorspellers. Affektiewe sintuiglike toetse is gebruik om die aanvaarbaarheid en soutpersepsie van vier geregte met vari�rende natriumkonsentrasies (normale natriuminhoud; ongeveer een derde natriumverlaging en ongeveer twee derdes natriumverlaging) vas te stel. Die natriuminhoud is bepaal met behulp van voedselsamestellingstabelle en is bevestig met behulp van chemiese analise. <br>'n Herhaalde metings/multi-faktore ANOVA is gebruik vir data-analise en gepaarde t-toetse is aangewend om te toets vir beduidende verskille tussen die gemiddeldes. <br>Die verskil in gemiddelde aanvaarbaarheid van die normale resep en die 1/3 natriumverminderde resep vir die saamgestelde gereg met 'n gladde tekstuur (groentesop) was nie betekenisvol nie (p=0, 59). Dieselfde bevinding is gemaak ten opsigte van die eenvoudige gereg met 'n growwe tekstuur (krummelpap, p=0, 14) en die saamgestelde gereg met 'n growwe tekstuur (beesvleisbredie, p=0, 47). In teenstelling het die 1/3 natriumverlaging van die eenvoudige gereg met 'n gladde tekstuur (kapokaartappels) die aanvaarbaarheid betekenisvol beïnvloed (p<0, 0001). In teenstelling met aanvaarbaarheid, is soutpersepsie afhanklik van die voedsel wat as draer gebruik word, sowel as kruisaanpassing. <br>Natriuminhoud kan met dertig persent verlaag word sonder om die aanvaarbaarheid van die meeste tuisvoorbereide geregte noemenswaardig te verminder. Dit is egter nodig om die sout-interaksie met ander sintuiglike komponente, sowel as die media waarin die natrium voorkom, in aanmerking te neem wanneer aanbevelings ten opsigte van natriumbeperkings gemaak word.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/31/1/AJA03785254_28
2003-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error