1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - The role of aesthetics in consumers' evaluation of apparel quality : a conceptual framework

 

Abstract

Die probleem waarom dit hier gaan is die rol van estetika in volwasse vroulike verbruikers se beoordeling van die kwaliteit van kledingprodukte. Uit die literatuur en vorige navorsing is dit duidelik dat dit in die daarstel van 'n totale estetiese ervaring nie net gaan om die bevrediging van die sensoriese nie, maar ook om die bevrediging van die kognitiewe en emosionele behoeftes van die mens. Emosionele en kognitiewe bevrediging mag dus 'n rol speel in die satisfaksie wat die verbruiker uiteindelik uit die kledingproduk ervaar, en mag ook 'n rol speel in die evaluering van die kwaliteit van kledingprodukte tydens die aankoopbesluitnemingsproses. Verbruikers verskil met betrekking tot hoe hulle kwaliteit van kledingprodukte evalueer. Verder onderstreep menige navorsers dit dat maksimum tevredenheid met die kledingproduk net kan realiseer as die verbruiker sensories, emosioneel en kognitief bevredig word. Die konseptuale raamwerk vir navorsing is teen die agtergrond van die voorafgaande ontwikkel. Dit is die mening van die navorsers dat die raamwerk sinvol gebruik kan word in kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing wat gaan om die faktore (in hierdie geval estetika) wat 'n rol kan speel in die evaluering van die kwaliteit van kledingprodukte gedurende die verskillende stadia van die aankoopbesluitnemingsproses.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/32/1/AJA03785254_81
2004-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error