1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Early adolescent girls' expectations about the fit of clothes : a conceptual framework

 

Abstract

Met in agneming van die probleme wat die Suid- Afrikaanse kledingindustrie en veral kleinhandelaars tans in die oog staar, is dit duidelik dat, ten einde te kan oorleef, kleinhandelaars gefokus moet kompeteer met ander wat saam met hulle in die mark werk. Vir meeste kleinhandelaars is dit 'n prioriteit om verbruikerstevredenheid te bewerkstellig. 'n Beter begrip van die verbruiker se probleme, behoeftes en verwagtinge, in hierdie geval die vroe�adolessent s'n met betrekking tot die pas van haar klere, kan die kleinhandelaar in staat stel om die verbruiker beter te bevredig. Die doel van die studie is die ontwikkeling van 'n konseptuele raamwerk wat in navorsing na die vroe�-adolessent se verwagtinge met betrekking tot die pas van haar klere, gebruik kan word. Vanuit die literatuur en vorige navorsing het dit duidelik geword dat fisieke, psigososiale en kognitiewe ontwikkeling tydens vroe�adolessensie 'n rol mag speel in die verbruiker se verwagtinge en die probleme wat sy met die pas van haar klere mag ondervind. Verder dat haar begrip van die pas van klere asook haar spesifieke kognitiewe redenasie 'n invloed mag hê op haar verwagtinge met betrekking tot die pas van haar klere asook die wyse waarop sy pas as deel van die kwaliteit van klere evalueer. Dit was verder duidelik dat dit vir haar moontlik nie net gaan om die funksionele dimensies van pas as deel van die kwaliteit van klere nie, maar veral ook om die estetiese dimensie van pas en wel dat die klere sensories mooi moet pas, haar emosioneel moet bevredig en vir haar bepaalde kognitiewe betekenis moet h�. Genoemde konsepte behoort deeglik in gedagte gehou te word in navorsing omtrent die vroe�adolessente dogter se verwagtinge met betrekking tot die pas van haar klere.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/32/1/AJA03785254_90
2004-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error