1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Nutrition education and anaemia outcome in inner city black children

 

Abstract

<i>Agtergrond</i>: Genoegsame data dui aan / suggereer dat Afro-Amerikaanse kinders, veral dié wat deur arm sosio-ekonomiese omstandighede benadeel word, steeds 'n hoë voorkomssyfer van anemie ondervind. <br><i>Metode</i>: Hierdie studie het ondersoek ingestel na die effek van intensiewe voedingonderrig op die voorkomssyfer van anemie in 'n steekproef van 116 anemiese Afro-Amerikaanse kinders wat aan die ""Special Supplementary Food Program for Women, Infants and Children"" (WIC) deelneem. Die moeder / kind pare is ewekansig in 'n kontrole en 'n intervensie groep verdeel. Moeders in die kontrole groep het die gewone WIC voedinginstruksies ontvang, terwyl die moeders in die intervensie groep aan 'n spesiaal ontwikkelde meerfasettige voedingonderrig program blootgestel is. Die voorkoms van anemie, die voedingskennis van moeders rakende die ysterinhoud van voedsel, bloed hemoglobien (Hb) konsentrasies en dieettoereikendheid is aan die begin en die einde van die studie vir elke groep geassesseer. <br><i>Resultate</i>: Die gemiddelde verskille tussen die yster voedingkennis punte van die moeders en die bloed Hb konsentrasies van die kinders in die intervensiegroep voor- en na die proeftydperk was betekenisvol hoër as dié van die kontrole groep. Die omvang van die vermindering in anemie-voorkoms was ook hoër vir die kinders in die intervensiegroep. <br><i>Gevolgtrekking</i>: Daar is aangetoon dat die voorkoms van anemie in hierdie groep Afro-Amerikaanse kinders verlaag het deur gebruik te maak van meerfassettige- en teikengerigte voedingonderrig intervensies.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/32/1/AJA03785254_93
2004-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error