1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - The household food budget of the wealthy and the poor in South Africa

 

Abstract

Die artikel gee 'n uiteensetting van die voedselbegroting van huishoudings in Suid-Afrika volgens inkomstegroepe. Alvorens die besteding aan voedsel bespreek word, word verduidelik wat die minimumvoedselbehoeftes van verskillende tipes huishoudings is volgens die Buro vir Marknavorsing se minimumlewenskostestudies. Hierdie minimum stel die leser in staat om 'n vergelyking te tref met die voedselbegrotings van huishoudings in Suid-Afrika om 'n aanduiding te kry van hoeveel huishoudings onder die broodlyn lewe. <br>Die minimumvoedselbehoefte word bereken aan die hand van die Departement van Gesondheid se voedselskale vir huishoudings wat in die laagste inkomstegroep val. Die vereiste kilojoules vir die verskillende huishoudingtipes word omgesit in voedselprodukte en die produkte se pryse is opgeneem in die grootste stedelike gebiede van Suid-Afrika. <br>Besteding aan voedsel van die 20% armste huishoudings in Suid-Afrika maak 57% van hulle totale besteding uit terwyl dit 13% is vir die 20% rykste huishoudings. Meer as 'n derde (36%) van die arm huishoudings se voedselbegroting word bestee aan graanprodukte, waarvan mieliemeel, bruin brood en rys die grootste aandeel uitmaak. Byna 'n kwart (24%) van die rykste 20% huishoudings se voedselbegroting word bestee aan vleis en vleisprodukte, waaronder bees- en kalfsvleis, pluimvee, skaap- en lamsvleis, boerewors en verwerkte vleis die belangrikste is. Die gemiddelde besteding aan voorbereide voedsel van die rykste groep huishoudings is 138 keer hoër as dié van die armste groep. <br>Die voedselbegrotings van die 20% armste en 20% rykste huishoudings in Suid-Afrika verskil aansienlik. Verder is die voedselbegroting van die 20% armste huishoudings aansienlik laer as die minimum wat verlang word vir 'n gesonde lewenstyl terwyl dié van die rykste 20% hulle toelaat om 'n gesonde die�t te kan handhaaf. Die voedselbestedingspatrone van veral die armste huishoudings hou belangrike implikasies in vir beleidsformulering wat, onder andere, voedselpryse mag be�nvloed.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/33/1/AJA03785254_74
2005-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error