1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Household cash expenditure by living standards measure group

 

Abstract

Huishoudings kan op grond van 'n verskeidenheid van faktore in verskillende lewenstandaardgroepe ingedeel word. Die artikel gee 'n beskrywing van sommige van die maatstawwe wat gebruik kan word vir so 'n indeling en verduidelik daarna die maatstawwe wat deur die Suid-Afrikaanse Reklamenavorsingstigting (SARNS) neergelê word vir 'n indeling in tien groepe volgens SARNS se Lewenstandaarde Metingsmodel. Die grondslag van die model is die besit van huishoudelike bates, toegang tot geselekteerde dienste (water, elektrisiteit, sanitasie, ens) en die geografiese gebied waar die huishouding woon. Totale huishoudingsbesteding van elkeen van die tien groepe word bereken deur die gemiddelde huishoudingsbesteding te vermenigvuldig met die getal huishoudings in die groep. Daarna word 'n vergelyking in die artikel gemaak van die aandeel van elk van die tien groepe in totale besteding aan 22 hoof bestedingsgroepe. Na die bespreking van totale besteding word die bestedingspatrone van huishoudings wat in die laagste, middel- en hoogste lewenstandaardgroepe geklassifiseer word, geanaliseer om verskille in hulle huishoudingsbegrotings uit te wys. Die items waarop die meeste geld gespandeer word word aangedui. Die bestedingspatroon van die laagste lewenstandaardgroep, huishoudingsgroep 1, dui daarop dat omtrent al hulle geld aan basiese lewensmiddelle bestee word. Daarteenoor het die middel lewenstandaardgroep, groep 6, genoeg fondse beskikbaar om behalwe lewensnoodsaaklike lewensmiddelle ook sekere luukshede aan te koop terwyl groep 10, die hoogste groep, aansienlike fondse vir diskresionêre aankope tot hulle beskikking het.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/34/1/AJA03785254_52
2006-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error