1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Development of a valid and reliable test for higher-educated young adults measuring dietary fibre food source and health-disease association knowledge

 

Abstract

Die doel van hierdie studie was om 'n toets te ontwikkel met dieetvesel as die kennisveld ten einde die geldigheid- en betroubaarheidskwessies rakende voedingkennisbepalings te oorkom. Veertig veelkeusige items is opgestel. Dertien items is tydens die beoordeling van die voorkomsgeldigheid uitgegooi. Dit het die veselterminologie-items ingesluit, sowel as die meeste items wat met veseleienskappe, die funksies van vesel en die dieetaanbevelings verband gehou het. Tien bykomende items is daarna opgestel. Die vraelys het grootliks op voedselbronne wat vesel bevat en praktiese keuses daarvan gefokus en tot 'n mindere mate op siektes wat met veselinname verband hou. Dit is gedoen op aanbeveling van die paneel wat die voorkomsgeldigheid van die items beoordeel het en met ondersteuning uit die literatuur. Al die items is volgens die reëls vir itemkonstruksie opgestel. Die vraelys, wat uit 37 items bestaan het, is deur twee groepe ho�ronderwysstudente (n=99 en n=87 onderskeidelik) beantwoord. Die veronderstelling was dat die groepe sou verskil wat voedingkennis betref vanweë hulle ingeskrewe programme. Sewentien vrae is nà die item-analise behou. Ses items het onderskeidelik nie die moeilikheidsindeks en die kriteria vir item-tot-totale-korrelasie geslaag nie, sewe items nie die onderskeidingsindeks-kriteria nie en 13 items nie die veranderlike kriteria nie. Die 17-item-toets is as 'n geldige en betroubare kennismeetinstrument bevestig. 'n Betekenisvolle verskil (p < 0, 001) in kennis is in die verwagte rigting tussen die twee groepe studente aangedui deur van die Mann-Whitney-toets gebruik te maak. Die betroubaarheidsko�ffisi�nt, bepaal deur die Kuder-Richardson-formule 20 (interne konsekwente metode), was 0, 9147. Items is volgens hulle moeilikheidsindekse in die toets gerangskik. Die kennistoets kan in 'n groep of individueel gebruik word en die inligting wat ingewin word, kan van waarde wees vir die ontwikkeling van voedingkennistoetse.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/34/1/AJA03785254_53
2006-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error