1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Dissatisfied consumers' complaint behaviour concerning product failure of major electrical household appliances - a conceptual framework

Volume 34 Number 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Verbruikers se ontevredenheid met produkte manifesteer in hulle klagte-gedrag. Verbruikers se klagtes word oor die algemeen in 'n negatiewe lig beskou, aangesien dit met hulle ontevredenheid oor 'n bepaalde produk of diens geassosieer word. Verbruikers se klagtes moet egter as voordelig vir die vervaardiger, kleinhandelaar en die verbruiker beskou word, aangesien dit onder andere dien as inligting wat deur verbruikers geïnisieer is om strategiese besluitneming vir kleinhandelaars en vervaardigers te vergemaklik. Verbruikers kan op hulle beurt vir produkprobleme vergoed word en op hulle regte as verbruikers aandring. Vervaardigers en kleinhandelaars kan egter net van verbruikers se behoeftes en probleme ten opsigte van produkte bewus word wanneer verbruikers dit aan hulle kommunikeer. 'n Konseptuele raamwerk word aangebied vir die bestudering van ontevrede verbruikers se klagte-gedrag as reaksie op die funksionele en / of simboliese produkmislukking <I>(product failure)</I> van groot elektriese huishoudelike toerusting. Die konfirmasie / diskonfirmasie-paradigma, Day en Landon se klagte-gedrag-taksonomie, Weiner se attribusieteorie en spesifieke verbruikers- en produkveranderlikes wat verband hou met klagte-gedrag dien as teoretiese agtergrond vir die konseptuele raamwerk.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/34/1/AJA03785254_56
2006-01-01
2017-11-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error