1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Prebiotics : an update

 

Abstract

Een van die opwindendste tendense in die hedendaagse voedselbedryf is die soeke na funksionele voedsels, oftewel voedsels wat gesondheid bevorder en/of die risiko vir chroniese siektes verlaag, bo en behalwe die voedingswaarde daarvan. In hierdie opsig speel probiotika en prebiotika 'n belangrike rol. Probiotika (voedsels wat lewendige mikrobes bevat) is alombekend en word geassosieer met 'n hele aantal gesondheidsvoordele. Prebiotika (selektief gefermenteerde voedselbestanddele wat die samestelling en/of aktiwiteit van gastro-intestinale mikroflora verander tot voordeel van die gasheer se gesondheid en welsyn) is 'n meer onlangse konsep, gedefinieer in 1995. Hierdie artikel gee 'n oorsig van die jongste navorsing oor die gesondheidsvoordele van prebiotika en daar word kortliks verwys na die tegnologiese voordele daarvan in voedselformulerings. Die meeste van die navorsing is gedoen met die fruktosepolimere inulien en frukto-oligosaggariede, wat in hierdie artikel as voorbeelde van prebiotika gebruik word. Inulien en frukto-oligosaggariede is funksionele voedselbestanddele wat 'n unieke kombinasie van voedingkundige eienskappe en tegnologiese voordele bied. Dit kom voor in verskeie groentes en vrugte en word industrieel uit sigoreiwortels en sukrose vervaardig. Selektiewe fermentering daarvan moduleer gastro-intestinale mikroflora in so 'n mate dat dit hardlywigheid kan verlig, mineraalabsorpsie kan verbeter, kanker kan voorkom en lipiedmetabolisme en die immuunstelsel voordelig kan be�nvloed. Verdere navorsing is egter nodig om sodanige aansprake te bevestig en meganismes van werking op te klaar.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/35/1/AJA03785254_20
2007-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error