1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Cotton / polyester and cotton / nylon warp knitted terry cloth : why minority fibre content is important

 

Abstract

Suid Afrikaanse wetgewing insake die etikettering van tekstiel produkte laat 'n speling toe wat betref die aanduiding van veselinhoud op etikette. Die vraag wat in hierdie studie gevra word, is of 'n speling toegelaat behoort te word, veral in gevalle van mengselstowwe soos katoen / poliëster en katoen / nylon skeringgebreide terriestowwe. Die effek van industriële wasprosedures op die duursaamheid van katoen skeringgebreide terriestof met 'n sintetiese basisstruktuur van of katoen of poliëster is ondersoek om te bepaal of die relatief klein komponent sintetiese garing 'n beduidende rol speel in die behoud van die duursaamheid van die tekstielstowwe. Die breeksterkte van katoen-nylon en katoen-poli�ster terriestof handdoekmonsters nadat dit aan onderskeidelik 50 industriële wassiklusse en 50 industriële was- en drogingsiklusse onderwerp was, is vergelyk. Die verskil in die breeksterkte van die monsters wat slegs gewas is, was nie betekenisvol nie. In die geval van monsters wat gewas én getuimeldroog is, was die breeksterkte van die katoen-nylon monsters egter betekenisvol laer as dié van die katoen-poli�ster monsters. Dit het gelei tot die gevolgtrekking dat industriële versorgingsprosedures, en veral tuimeldroging, 'n meer nadelige effek op die duursaamheid van 'n terriestof met 'n nylon basisstruktuur as op een met 'n poliëster basisstruktuur het. Dit was ook duidelik dat die poli�sterkomponent 'n belangrike rol gespeel het in die behoud van die breeksterkte van die monsters. Die rol van die klein komponent sintetiese garings in die basisstruktuur van hierdie stowwe moet dus nie onderskat word nie en in sulke gevalle behoort die kleiner veselinhoud ook spesifiek op die etiket aangedui te word. Onnodige foute, soos byvoorbeeld die volg van verkeerde versorgingsprosedures as gevolg van oningeligheid, sou sodoende voorkom kan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/35/1/AJA03785254_22
2007-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error