1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Psychological meaning of the living room : a multidimensional attitudinal analysis

Volume 36 Number 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Mense se ervaring van 'n plek, soos 'n woonkamer, is nog nie ondersoek met betrekking tot die sin wat mense van so 'n gedekoreerde vertrek maak of die betekenis wat hierdie gedekoreerde vertrek het nie. Een wyse om die betekenis van die voorkoms van 'n gedekoreerde vertrek soos die woonkamer te bepaal, is om 'n persoon se houding teenoor die gedekoreerde voorkoms van die plek te bepaal (Hanyu, 1997). Volgens Canter en Thorne (1972) is houdings sensitiewe sielkundige prosesse waarmee betekenis bepaal kan word. In besonder het Canter en Thorne (1972) en Devlin en Nasar (1989) bewys gelewer dat die betekenis van plekke (soos 'n woonkamer) deur mense se beoordelings van dievoorkoms van 'n plek beïnvloed word. Daar word aan die hand gedoen dat dit moontlik is om die houding van mense teenoor 'n gedekoreerde vertrek te bepaal. Die doel van hierdie studie is daarom om die betekenis van die gedekoreede woonkamer van nuwe huiseienaars te bepaal deur die houding teenoor die gedekoreerde woonkamer te ondersoek. Die studie gebruik die voorkoms van 'n gedekoreerde woonkamer as stimulus waarmee mense se houdings teenoor hulle eie persoonlik gedekoreerde woonkamer bepaal kan word, aangesien die voorkoms van die woonkamer gereeld gedekoreer en gemodifiseer word (Caborn, 2001). Dit word aanvaar dat die nuut veranderde voorkoms betekenisvol is, wat dan die houding teenoor die gedekoreerde voorkoms van die kamer bepaal.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/36/1/AJA03785254_13
2008-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error