1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Sizing and fit research at grassroots level : a methodology for the identification of unique body shapes in African developing countries

 

Abstract

Vanuit die literatuur en vorige navorsing is dit duidelik dat vroulike verbruikers van menige Westerse lande vandag probleme ondervind met die passing van koop-klaar-klere. Ontwikkelende lande in Afrika, soos byvoorbeeld Kenia, ondervind dieselfde probleme. Ongelukkig beskik hierdie lande nie oor die nuutste tegnologie, vaardighede en finansiële ondersteuning ten einde navorsing te kan uitvoer wat gerig is op die oplos van grootte-en-pas-probleme binne die kledingindustrie nie. Menslike liggaamsvorms en proporsies verander mettertyd en verskil ook van kultuurgroep tot kultuurgroep, van land tot land en selfs van streek tot streek binne 'n spesifieke land. Daar kan dus nie maar aangeneem word dat klere wat verbruikers van een land pas, verbruikers van 'n ander land of kultuurgroep gaan pas nie. Ten einde die probleem van grootte-en-pas te kan oplos, is dit dus belangrik dat daar van tyd tot tyd in alle lande antropometriese opnames gemaak word ten einde 'n beeld te kry met betrekking tot die groottes, proporsies en liggaamsvorms van die inwoners van die land. Sulke navorsing is nog nie voorheen in Kenia uitgevoer nie. Die vraag waarom dit dus in hierdie navorsing gegaan het is : Hoe lyk die Keniaanse vroulike verbruiker se unieke liggaamsvorm/s en hoe dra dit by tot die probleme wat die vroulike verbruiker in Kenia tans ondervind met die passing van klere?

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/36/1/AJA03785254_9
2008-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error