1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - A comparative study of regenerated bamboo, cotton and viscose rayon fabrics. Part 1: selected comfort properties

 

Abstract

Geregenereerde bamboes, ook bekend as bamboes viskose, is 'n verwerkte sellulosevesel wat onlangs op die mark verskyn het. Tekstielstowwe van dié vesels is geskik vir 'n verskeidenheid produkte in die klerasie sowel as huishoudelike mark. Die gewildheid daarvan kan toegeskryf word aan die feit dat dit bemark word as omgewingsvriendelik en hernubaar (wat in hierdie geval verwys na die feit dat die bamboes waarvan dit gemaak word 'n rou material is wat baie vinnig groei, nie bedreig is nie en sonder oormatige chemikalieë verbou word). Daar word ook aanspraak gemaak op buitengewone gemakseienskappe wat verband hou met vogabsorbeervermoë en aanvoeling. Dit is ook bekend dat die vesels antimikrobiese eienskappe besit.


Behalwe vir die sogenaamde "cool feeling", is die gemakseienskappe waarna verwys word eintlik van toepassing op die meeste sellulosevesels of tekstielstowwe - veral katoen en viskose rayon. Die gladde filamentstruktuur van viskose rayon lei tot 'n uitstekende drapeervermoë en 'n aanvoeling wat beskryf kan word as "glad en luuks". Hierdie veseleienskappe kan ook aanleiding gee tot 'n "koel" sensasie op die vel. Die vraag ontstaan dus of die vermoë om vog te hanteer en die termo-fisiologiese eienskappe van bamboes viskose werklik beter is as dié van ander sellulose- vesels.
Die doel van hierdie studie was om empiries te ondersoek of die voghanteervermoë en termofisiologiese gemakseienskappe van geregenereerde bamboesveselstowwe betekenisvol verskil van dié van katoen en viskose rayon. Objektiewe meetinstrumente is gebruik om eienskappe soos termiese weerstand en absorbeervermoë, waterdampdeurlaatbaarheid, waterabsorbeervermoë en die vogdeurlaatbaarheidsindeks van drie tekstielstowwe, gebrei van garings van onderskeidelik bamboesvesel, katoenen viskose rayon, te vergelyk. Die onderskeie veselstrukture is vergelyk met behulp van 'n skandeer elektronmikroskoop (SEM).
In teenstelling met wat verwag is, is geen empiriese bewyse gevind dat die gemakseienskappe van bamboesveselstowwe beter is as dié van die ander twee sellulosevesels wat getoets is nie. Dit is belangrik om daarop te let dat geen van die aansprake wat gemaak word ten opsigte van genoemde eienskappe as onwaar bewys kon word nie. Bamboesvesels kan beslis verwerk word in produkte wat 'n besondere bydrae lewer tot die versekering van die gemak van die draer omdat dit vog en temperatuur goed kan reguleer. Die resultate van die studie dui egter daarop dat die gebreide katoen en veral die gebreide viskose rayon stowwe wat getoets is, vergelykbare eienskappe toon. Die resultate bevestig ook die verwagting dat metings op die viskose rayon stowwe as gevolg van die ooreenstemming in fisiese veselstruktuur en vervaardigingsprosesse baie meer sou ooreenstem met dié van die bamboesveselstowwe as met dié wat van katoen vervaardig is.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/38/1/EJC33703
2010-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error