1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Natural dyes and dyeing techniques used by craftswomen in the Northern Hhohho region of Swaziland

 

Abstract

Daar was die afgelope paar dekades 'n aansienlike toename in belangstelling in natuurlike kleurstowwe. Dit kan hoofsaaklik daaraan toegeskryf word dat natuurlike kleurstowwe as meer omgewingsvriendelik as sintetiese kleurstowwe beskou word. Baie lande het streng wette en regulasies afgekondig om die gebruik van kleurstowwe wat karsinogeniese stowwe bevat, te reguleer (Purohit, , 2007; Deo & Desai, 1999; Hill, 1997; Sarkar & Seal, 2003; Siva, 2007). Daar is egter 'n ongerustheid en bekommernis oor die verlies aan kennis oor natuurlike kleurtegnieke. Dit wil voorkom of nog net ouer handwerkers in tradisionele stamverwante gemeenskappe oor hierdie kennis beskik (Kala, 2002; Mahanta & Tiwari, 2005; Siva, 2007). Dube en Musi (2002) asook Long (2005) het die behoefte uitgespreek dat die inheemse kennis in Swaziland gedokumenteer word voordat dit vir altyd verlore gaan. Dominique Cardon, wêreldoutoriteit oor natuurlike kleurstowwe, het ook aangedui dat daar min inligting oor die gebruik van natuurlike kleurstowwe in Suider-Afrika bestaan. Die doel van die studie was om die natuurlike kleurstowwe en gebruike van handwerkers in die noordelike Hhohho-streek van Swaziland te ondersoek en te identifiseer.


Daar is verrassende ooreenkomste tussen verskillende beskawings ten opsigte van kleurtegnieke en plante (Cardon, 2007:1). Dit sou dus interessant wees om te sien of dieselfde of soortgelyke plante en tegnieke as wat in Swaziland gebruik word, ook eiders in Suider-Afrika of die wêreld benut word. Dit is dus ook nodig om te verifieer of die geïdentifiseerde plante wel deur ander skrywers as bron van kleurstof erken word.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/38/1/EJC33705
2010-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error