1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - An integrated community engagement initiative in the rural town of Darling, South Africa

 

Abstract

Gemeenskapsinteraksie speel 'n toenemende belangrike rol in 'n samelewing wat verantwoordbaarheid vereis. Universiteite moet 'n rol speel om 'n verskil te maak binne hulle onmiddellike omgewing en in die breër samelewing. Gemeenskapsinteraksie is 'n manier om die missie van universiteite rakende sosiale geregtigheid en relevansie uit te bou. Die drievoudige rolle van leer, navorsing en gemeenskapsinteraksie plaas druk op akademici binne die akademiese omgewing. Die gemeenskapsinteraksie rol word dikvvels afgeskeep aangesien dit die minste erken word binne die akademiese milieu. Indien die gemeenskapsinteraksie rol geïntegreer word met die verskillende kundighede van Boyer (1997) deur sistematiese beplanning, kan die missie van die universiteite uitgebou word en die akademici sal in hul rolverpligtinge slaag.


Die artikel fokus op 'n gemeenskapsinteraksie inisiatief as 'n geïntegreerde kundigheidsaktiwiteit toegepas binne 'n departement by 'n hoëronderwys instelling. Die proses van gemeenskapsinteraksiebinne die vakrigting volwassene-onderwys word beskryf: eerstens die doelwitte met die gemeenskapsinteraksie inisiatief; tweedens die navorsingsprojekte geïmplementeer deur nagraadse studente binne landelike gemeenskappe as voorbeelde van gemeenskapsinteraksie inisiatiewe; en laastens die lesse geleer deur die gemeenskapsinteraksie inisiatiewe.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/38/1/EJC33707
2010-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error