1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Community empowerment in Botswana : the practitioners' perspective

 

Abstract

Dit is uit die literatuur duidelik dat die term bemagliging dikwels gebruik word om 'n ontwikkelingsprogram 01 projek goed te laat lyk sonder dat dit werklik meebring. Die verwagting is dat, wanneer lede van die gemeenskap bemagtig is, hulle beheer van hul lewens op mikro- (individuele), interpersoonlike (organisasie) en makro-(gemeenskaps-) vlak kan neem en dat ongelykhede in maatskaplike stelsels oorkom word.


Een so 'n groep wat verantwoordelik is vir die bemagtiging van lede van die gemeenskap in besondere omstandighede, soos armoede, is huishoudkunde voorligtingsbeamptes (HVB's) in Botswana. Die hoofdoel van hierdie artikel is om vas te stel hoe HVB's in Botswana die term verstaan en hoe hierdie definisie hulle praktyke om plaaslike gemeenskappe te bemagtig, beïnvloed. Hierdie hoofdoel is uitgevoer deur vas stel wat HVB's daarby bedoel as hulle die begrip gebruik, die strategieë wat hulle toepas om bemagtiging mee te bring sowel as die hindernisse wat HVB's verhoed om bemagtiging suksesvol teweeg te bring.
Om die doel van hierdie studie te bereik is 'n fenomenologiese benadering gevolg om kwalitatiewe data in te samel. Oop vraelyste, semi-gestruktureerde onderhoude en een fokus-groepbespreking is gebruik. 'n Totaal van 15 HVB's het die vraelyste ingevul en tien beamptes het aan die onderhoude deelgeneem. 'n Aparte fokusgroepbespreking is gehou met tien lede van 'n gemeenskaps-naaldwerkgroep om vas te stel wat die rol van die HVB's was by die vorming van die groep.
Uit die literatuur kom vier gemeenskaps- ontwikkelingsbenaderings na yore wat opeenvolgend toegepas kan word om bemagtiging aan te moedig. Die eerste benadering is die wat klem plaas op die bevrediging van materieël behoeftes. Die tweede benadering is die wat hoofsaaklik daarop fokus om individue te help om hulself te help deur aan hulle toegang tot opvoedings- en opleidingsgeleenthede te gee. Die derde benadering is die wat daarop gerig is om individue aan te moedig om nie net bewus te wees van aspekte wat hulle onderdruk nie, maar om hulle eie doelwitte te definieer en dit uit te voer. Die laaste benadering, naamlik die , moedig individue aan om stelsels wat onderdrukking en ongelyke verdeling in gemeenskappe veroorsaak, te bevraagteken en te wysig.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/38/1/EJC33708
2010-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error