1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - A comparative study of regenerated bamboo, cotton and viscose rayon fabrics. Part 2 : antimicrobial properties

 

Abstract

Sedert geregenereerde bamboesvesels 'n paar jaar gelede op die mark verskyn het, word verbruikers gebombardeer met inligting - soms teenstrydig - oor hierdie vesels, die produkte wat daarvan vervaardig word en die eienskappe wat daarmee geassosieer word. Vervaardigers en verspreiders maak stellings (veral op die internet) oor die antimikrobiese en omgewingsvriendelike eienskappe daarvan, maar terselfdertyd is daar luide protes van verbruikerswaghonde dat baie min van hierdie stellings wetenskaplik bewys is. Inligtingsbronne verwar ook dikwels natuurlike bamboesvesels (wat inherente antimikrobiese eienskappe besit) met die nuwe geregenereerde bamboesvesels.


Geregenereerde bamboesvesels word vervaardig van natuurlike bamboesvesel as roumateriaal. Gedurende die regenerasieproses word die bamboespulp verwerk of verfyn in 'n hidrolise-alkalinisasieproses, waartydens sterk chemikalieë soos natriumhidroksied en koolstofdisulfied gebruik word. Die vesels word in 'n verdunde swawelsuurbad gespin. Die proses stem ooreen met die viskose rayon spin proses - vandaar die gebruik van name soos bamboesviskose of bamboesrayon vir geregenereerde rayon. Die houtpulp wat gebruik word in die vervaardiging van viskose rayonvesels bevat egter geen antimikrobiese agense nie. Die strawwe chemiese aard van die vervaardigingsproses het skeptiese vrae laat ontstaan oor of dit moontlik is dat die bamboeskun, wat verantwoordelik is vir die antimikrobiese eienskappe van natuurlike bamboesvesels, behoue kan bly in die geregenereerde bamboesvesels. Die moontlikheid bestaan ook dat agtergeblewe chemikalieë (bv swawel) op die gespinde vesels die antimikrobiese eienskappe kan veroorsaak.
Die hoofdoel van die studie was om die stelling te ondersoek dat geregenereerde bamboesvesels inherente antimikrobiese eienskappe besit as gevolg van die teenwoordigheid van bamboeskun in die rou materiaal waarvan dit vervaardig word (natuurlike bamboesvesels). Die antimikrobiese eienskappe van tekstielstowwe van geregenereerde bamboesvesels is vir die doel vergelyk met die van viskose rayon en katoenveselstowwe. Katoenstof is as kontrole gebruik, aangesien dit bekend is dat hierdie vesels geen antimikrobiese eienskappe openbaar nie. In 'n voorloperstudie is daar trouens bevind dat katoenstowwe met 'n antimikrobiese behandeling mikrobegroei ten volle onderdruk.
Die resultate van hierdie studie wys duidelik dat die katoenstof sonder antimikrobiese behandeling geen antimikrobiese aktiwiteit getoon het nie. Die antimikrobiese eienskappe van die geregenereerde bamboesvesel-en viskose rayonstowwe was egter beduidend hoër as dié van katoen vir beide Gram-positiewe en Gram-negatiewe bakteriee. In beide gevalle was die antimikrobiese effek egter gedeeltelik en nie so effektief soos daar van behandelde katoenstowwe verwag is nie. 'n Vergelyking van die twee geregenereerde sellulose weefstowwe het egter geen statisties beduidende verskille in antimikrobiese aktiwiteit aangetoon nie.
Die stelling rakende die antimikrobiese eienskappe van geregenereerde bamboesvesel kon dus nie verkeerd bewys word nie. Geen bewyse kon ook gevind word dat die antimikrobiese eienskappe van die geregenereerde bamboesvesels in enige opsig beter as die van viskose rayonvesels is nie. Die rede vir die ooreenstemming is onbekend. Aangesien die rou materiaal wesenlik verskil (bamboesvesel teenoor houtpulp), kan die antimikrobiese effek in die geval van geregenereerde bamboesvesels nie noodwendig toegeskryf word aan die teenwoodigheid van onveranderde bamboeskun in die vesels nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/39/1/EJC33714
2011-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error