1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Emerging consumer's appraisals, emotions and complaint behaviour concerning product performance failure

 

Abstract

Die artikel handel oor die interaksie tussen opkomende kollektivistiese verbruikers se blaamattribusies, emosies en hantering-strategieë voortspruitend uit hulle beoordeling van produkmislukking (). Die oorkoepelende doel is om opkomende verbruikers van Afrika se kognitewe beoordelings, emosies, en klagte-gedrag met betrekking tot groot huishoudelike toerusting te verken en te beskryf. Data is in 2009 ingesamel deur 'n kruisseksionele opname onder vroueverbruikers woonagtig in Gaborone, Botswana, wat ontevrede was met die werksverrigting van hulle groot huishoudelike toestelle. Daar is van geriefsteekproefneming gebruik gemaak, wat 200 bruikbare vraelyste opgelewer het. Verbruikersklagte-gedragteorie () en kognitiewe beoordelingsteorie () dien as teoretiese agtergrond vir die studie. Die resultate van die studie toon dat vroueverbruikers intense emosies soos woede, skaamte, verbasing, hartseer en frustrasie ervaar wanneer die vervaardiger en kleinhandelaar vir produkmislukking blameer word. Die studie dui op die groot rol wat emosies speel in verbruikers se hantering-strategieë (klagte-gedrag). Daar bestaan verwantskappe tussen die intensiteit van die onderskeie emosies van woede, hartseer, skaamte en frustrasie en die probleemgerigte en emosiegerigte hanteringstrategieë. mplikasies vir bemarkingstrategieë en klagte-hantering in opkomende ekonomieë is uitgelig.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/40/1/EJC125858
2012-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error