1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Awareness, knowledge, understanding and readiness to adopt bioactive food ingredients as part of functional food consumption by health-conscious consumers of the City of Cape Town

Volume 40, Issue 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

The concept of functional food is based on the hypothesis that the risk of lifestyle-related diseases can be reduced through consumption of foods that support and transform various biological activities in the body and, in so doing, help sustain a state of health (Arai , 2002). This has resulted in an expanding interest in functional foods, or foods with bioactive ingredients, as people turn to food to provide both basic nutrition as well as disease-preventative benefits (National Institute of Nutrition, 2000:1). This also holds true for South African consumers. South African consumers are becoming more concerned about healthier lifestyles as well as acquiring an improved understanding of nutrition and self-medication for disease prevention (Agriculture and Agri-Food Canada, 2007:3). South Africa (SA) was identified as an emerging market for functional foods in a global online survey by AC Nielsen in 2005 (Nielsen, 2005:9).


Hawkins (2007:253) presents the new product adoption process of purchasing commodity items like food in five stages. New products, such as functional foods, will firstly require consumers to become aware of them (stage 1: awareness) and be interested in or about them (stage 2: interest). After becoming interested, consumers seek information and evaluate this gained information (stage 3: evaluation) for a trial purchase of the new product to occur (stage 4: trial) and it being adopted (stage 5: adoption) (Kotler & Armstrong, 2001:200; Hawkins , 2007:546). Such seeking of information results in the attainment of knowledge (Merriam-Webster's Online Dictionary, 2009).

Suid-Afrikaanse verbruikers volg toenemend 'n gesonder lewenstyl. Dit dra by tot verbruikers-belangstelling in die bioaktiewe bestanddele in voedsel (en voedingaanvullings) wat gesondheid bevorder. Die doel van hierdie studie was daarom om die volgende vas te stel: (i) die bewustheid, kennis en insig tov tien bioaktiewe voedselbestanddele deur gesondheidsbewuste verbruikers in Kaapstad en (ii) die verband tussen die respondente se bewustheid, kennis en insig tov die bioaktiewe bestanddele en hul belangstelling in en kennis van voeding en gesondheid.


Een honderd nege-en-dertig respondente uit twee subrade het aan die opname deelgeneem. Hulle was lede van 'n gimnasium en/of gebruikers van voedingaanvullings. Die respondente verteenwoordig gesondheidsbewuste verbruikers en 'n middel-tot-hoër sosio-ekonomiese segment van die Metropolitaanse Raad van Kaapstad. 'n Getoetste vraelys is gebruik om inligting van die respondente te bekom tov hul demografiese profiel, gesondheid en lewenstyl, asook hul bewustheid en kennis van en insig in stimuluswoorde wat die tien geselekteerde bioaktiewe voedselbestanddele verteenwoordig het. Laasgenoemde is bepaal deur gebruik van die vryewoord-assosiasietegniek.
Om die woordassosiasieresponse op die bioaktiewe voedselbestanddele korrek te kategoriseer as bewustheid, kennis of insig, is die tri-angulasiemetode van data-analise gebruik, gegrond op die vakkennis van drie kategoriseerders. Om die verbruikersgereedheid om die bioaktiewe voedselbestanddele te aanvaar te bepaal, is die responsfrekwensies van die bewustheid, kennis en insig klassifikasies daarvan gebruik. Dit is gekombineer met die Pearson x2-analise om die verband/verskil te bepaal tussen die respondente se bewustheid en kennis en insig in die bioaktiewe voedselbestanddele en hul belangstelling in en kennis van voeding en gesondheid. Verbruikersbelangstelling en kennis verteenwoordig stappe in die aanvaardingsproses van nuwe produkte en verbuikers se gereedheid om bioaktiewe voedselbestanddele te aanvaar.
Die respondente se demografiese, gesondheid en lewenstyl profiel verteenwoordig 'n gesondheidsbewuste groep. Die meerderheid respondente het omega-3-vetsure (97,1%), antioksidante (87,1%), probiotika (84,9%), sojaproteïen (83,5%) en beta-karoteen (68,3%) onder die gelyste bioaktiewe voedselbestanddele herken. Ten spyte van die hoë herkenning van omega-3-vetsure, probiotika en sojaproteïen, het die respondente hoofsaaklik kennis (40,7%, 46,5% en 61,2% onderskeidelik) oor die voedselbestanddele gehad. 'n Onverwags lae persentasie (5,2%) respondente het sojaproteïen verstaan, hoewel die bestanddeel deur talle respondente herken is en reeds geruime tyd op die mark is. Ongeveer 'n derde (32,6%) van die respondente van diegene wat omega-3-vetsure herken het, verstaan dit wel. Betekenisvolle verskille (p < 0,05) is verder gevind tussen die respondente se bewustheid, kennis en insig van omega-3-vetsure en hul belangstelling in en kennis van voeding en gesondheid. Dit plaas omega-3-vetsure die naaste aan die verbruiker se gereedheid tot aanvaarading van die gelyste bioaktiewe voedselbestanddele. Dit het ook die respondente se gereedheid vir die aanvaarding van omega-3-vetsure onderskei van dié van sojaproteïen en beta-karoteen wat nie betekenisvol (p > 0,05) deur enigeen van die faktore beïnvloed is nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/40/1/EJC127705
2012-01-01
2017-11-19

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error