1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Situation analysis as indicator of food security in low-income rural communities

 

Abstract

South Africa (SA) is a middle-income country, typified by contrasting living conditions ranging from wealthy suburbs to poorer, underdeveloped rural areas (Steyn et al, 2006). Owing to limited resources and rampant poverty, these areas often portray a scenario more descriptive of a less developed country. Even with an adequate national food supply, as is the case in SA (Department of Agriculture and Land Affairs, 2002), poverty may manifest in a lack of food security at household level (Koch, 2011).


According to the 1996 World Food Summit, food security exists 'when all people at all times have access to sufficient, safe, nutritious food to maintain a healthy and active life' (WHO, 2012). Within this context, the concepts of food availability (in sufficient quantities on a consistent basis); food access (sufficiency of resources to acquire suitable foods for a nutritious diet); and food use (proper use based on application of basic nutrition and care, adequate water and sanitation), are applicable (WHO, 2012).
At household level, food security is generally perceived as 'access by all household members to sufficient and nutritious food that is safe to eat as a prerequisite for sufficient dietary intake and meeting of food preferences for an active and healthy life' (FIVIMS, 2004). This entails the household's availability of, and access to, food based on household production, availability from the market and other community sources, as influenced by the availability of household income (Pelletier et al, 2001:704). The utilisation or consumption of food relates to individual food security, based on the availability of food and the household's access to food, but it is also dependent on the distribution of food within the household. Food acquisition and allocation behaviour within the household are involved (Pinstrup-Andersen, 2009).

Ernstige armoede heers in die Kwa-Kwa gebied van die Vrystaat provinsie waar ongeveer 73% van die stedelike en plattelandse bevolking onder die broodlyn leef. Navorsing onder skoolkinders (9-13 jaar) in 'n lae-inkomste gemeenskap in laasgenoemde gebied het op chroniese wanvoeding gedui agv onvoldoende nutriëntinname met gepaardgaande groeivertraging, waarvan sommige ernstig. Derhalwe is 'n verdere studie onderneem in drie gemeenskappe in die breër gebied, hierdie keer onder volwassenes. Die ondersoek het determinante ingesluit om die toegang tot, beskikbaarheid van, en die benutting van voedsel (insluited water en sanitasie) te ondersoek. Die doel was om inligting in te win tov huishoudelike en individuele voedselsekuriteit in die teiken huishoudings.


Die dataversameling vir die kruisseksionele opname, wat 'n sosio-demografiese en ekonomiese vraelys (n=271 mans en vroue), 'n gestruktureerde 24-uur herroep voedselinname vraelys (n=383 vroue) en antropometriesemetings (n=207 vroue) vir liggaamsmassa, lengte en middellynomvang ingesluit het, is tydens 2008 en 2009 afgehandel.
Resultate dui op 'n situasie waar 51,5% van huishoudings 'n vrou aan die hoof het. Omtrent die helfde van al die huishoudings in die studie (50,9%) het dan ook slegs een persoon aan die hoof gehad. Meeste van die huishoudings (91,4%) het persone addisioneel tot gesinslede akkommodeer, wat 'n groter as gemiddelde huishouding meegebring het, nl. 5 lede. Ten spyte van die gevestigde gemeenskappe was huisgrootte baie beperk (47,9% ≤ 4 vertrekke). Omstandighede was ook nie bevorderlik vir goeie sanitasie nie (87,4% van huishoudings het puttoilette, 96,5% met geen afvalverwyderingsdienste). Ongeveer 16,5% van huishoudings het dan ook nie water ontvang dmv pypleidings nie.
Voedsel is meestal mbv elektrisiteit op 'n twee-plaat stofie berei (53,5%), op 'n steenkoolvuur (20,5%), of 'n paraffienstofie (10,1%). Vroue was die belangrikste besluitnemers vir sake rakende voedselaankope (hoeveelheid spandeer 79,5%, tipe voedsel 78,2%), voedsel-bereiding (78,2%) en voeding van kinders (82,3%). In ongeveer 7,3% van huishoudings is die meeste van hierdie funksies deur kinders vervul.
Die hoë vlak van armoede is duidelik uit die hoë persentasie werkloosheid (75,7% versorgers en 67,5% gades). Die grootste deel van die gemeenskap (82,6%) moes met 'n huishoudelike inkomste van ≤ ZAR1500/maand aan al hulle behoeftes voldoen. Meeste huishoudings (56,1%) het 85,7% van hulle totale maandelikse inkomste op voedsel spandeer, dit was ZAR5.71/persoon/dag. Huishoudings het dan ook aangedui dat hulle altyd (16,3%), dikwels (22,2%) of soms (42,8%) 'n te kort in geld ervaar het om kos of klere te koop. Voedselaankope is meestal een keer/maand by 'n ketting- (71,7%) of spazawinkel (21,4%) gedoen.
Die verskeidendeid in voedselinname van vroulike versorgers was uiters beperk en gebaseer op stapelvoedsels: slegs stywe mielipap (88%), suiker (60%) en tee (50%) is meestal ingeneem, met gevolglike tekorte vir alle nutriënt op individuele vlak in meeste gevalle, behalwe koolhidrate (slegs 38,1% het tekorte vertoon). Verder is oorgewig (liggaamsmassa indeks ≥ 25 ≤ 29,9) vir 26% en vetsug (liggaamsmassa indeks ≥ 30) vir 41,9% van respondente gemeet wat tekenend is van wanvoeding.
In gevolgtrekking is dit duidelik dat die bedrag van USD1/dag/persoon, wat internasionaal as riglyn gebruik word om armoede aan te dui, heelwat meer is as wat die deelnemende huishoudings beskikbaar gehad het om in hulle behoeftes te voorsien. Die hulpbronne tot die beskikking van hierdie huishoudings was dus nie voldoende om toegang te verleen tot geskikte voedsels vir 'n voedsame dieet nie. Hierdie huishoudings verkeer dus in 'n situasie van verhoogde voedselsekuriteit risiko waar negatiewe ekonomiese skommelinge 'n wesenlike gevaar inhou.
'n Dieet met 'n beperkte voedselkeuse in kombinasie met stysel as stapelvoedsel, is tipies van 'n lae-inkomste begroting. Baie min vrugte en groente is dan ook ingeneem. Die voorsiening van voedsel was ontoereikend in hierdie huishoudings, wat beide beskikbaarheid sowel as hoeveelheid betref. Wanvoeding met hoër vlakke van vetsug word dikwels by vroue in lae-inkomste groepe aangetref. Die voorkoms van 'n gebrek aan voedselsekuriteit in kombinasie met vetsug is bevestig.
'n Gebrek aan voedelsekuriteit, op huishoudelike en individuele vlak, is duidelik waargeneem in die breë Kwa-Kwa gebied. Hierdie situasie dui op 'n omvangryke probleem, wat moontlik kwesbaarheid tov gesondheidrisiko's inhou. 'n Konsepsionele raamwerk is saamgestel as riglyn vir gemeenskapintervensies.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/40/1/EJC127706
2012-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error