1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Exploring adult education and community development in a rural project : a conceptual framework

 

Abstract

Konseptuele raamwerke, wat gebruik word om navorsing te doen of wat ontwikkel word vanuit navorsing, kan 'n belangrike bydrae maak tot gemeenskapsontwikkeling. Aspekte wat doelbewus ingesluit moet word in so 'n konseptuele raamwerk is die sosio-politiese konteks van 'n gemeenskapsontwikkeling projek sowel as die onderliggende en verskuilde makro-stelsel kragte, soos armoede, wat ontwikkelingswerk in landelike gemeenskappe beïnvloed. Wanneer aandag gegee word aan sulke kragte lei dit tot nuwe insigte in die makro-stelsel van ontwikkelingspraktyke en die geïntegreerde en strukturele aard van sommige ontwikkelingsuitdagings wat sigbaar gemaak moet word. Hierdie insigte bring die sosio-politiese karakter van die makro-stelsel waarin gesinne en gemeenskappe hulself bevind na vore.


Die doel van hierdie artikel is om 'n konseptuele raamwerk voor te lê wat uit 'n gevallestudie van die "Human Rights, Democracy and Development" (HRDD) projek gespruit het. HRDD is 'n volwasse opvoeding en ontwikkelingsintervensie in sewe landelike gemeenskappe in KwaZulu-Natal. Die raamwerk is voorgestel as 'n konseptuele instrument om verskillende initiatiewe te eksploreer wat daarop gemik is om gesinne se lewensomstandighede te verbeter en om gesinsekologieë in landelike gemeenskappe te verbeter en te verander.
Die artikel beskryf kortliks die vier HRDD projek doelwitte en vier pedagogiese strategieë sowel as die primêre makro-stelsel kragte wat die HRDD projek affekteer in meer diepte. Die makro-stelsel kragte is daarna bespreek in terme van hoe hierdie kragte die verskillende projek doelwitte positief of negatief beïnvloed.
Daar word in die artikel geargumenteer dat daar wel van makro-stelsel kragte soos armoede en patriargie in gemeenskapsontwikkeling literatuur melding gemaak word, maar dat onvoldoende aandag gegee word aan hoe magstryd en post-konflik status van 'n area kan dien as kragtige vormers van ontwikkelingswerk. Hierdie artikel neem hierdie kragte in ag in terme van hoe hulle na vore kom en die projek beïnvloed. Die raamwerk reflekteer ontdekking van wat die projek probeer vermag en watter makro-stelsel kragte, beide beperkende en drywingskragte, dit in die gesig staar. Ontwikkelingsintervensies wat poog om verandering te weeg te bring kan hieruit voordeel trek deur sensitief te wees vir hierdie kragte in die beplanning, implementering en die evalueringsfases van die projek.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/41/1/EJC143158
2013-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error