1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - The efficacy of anolyte as an environmentally friendly disinfectant on and contaminated cotton, polyester/cotton and polyester

 

Abstract

Tekstielstowwe word gewoonlik gesteriliseer deur dit te behandel met chemikalië soos natriumhipochloried en met temperature so hoog soos kookpunt. Dit lei tot twee potensiële probleme naamlik: (1) dit het 'n negatiewe effek op die sterkte eienskappe van die tekstielstof; en (2) die skadelike chemikalië word in die omgewing vrygestel. Elektro-chemies geaktiveerde water word geproduseer deur 'n anode-katode sisteem. Water en verdunde NaCl is die enigste rou produkte. Die Anolyte bestaan in 'n meta-stabiele toestand en bevat vrye radikale asook 'n verskeidenheid molekules, en het 'n hoë oksidasie-reduksie potensiaal. Die Anolyte keer egter terug na 'n stabiele toestand na 48 uur en word weer onaktief, en is dus nie 'n bedreiging vir die omgewing wanneer dit vrygestel word na gebruik nie. Anolyte word daarom as omgewingsvriendelik geag. Katoen, poliëster en poliëster/katoen monsters is afsonderlik besmet met en , en daarna behandel volgens die AATCC 61-2009 toetsmetode. Wasmiddels wat ondersoek is, sluit in gefiltreerde water, fosfaat bevattende verwysings detergent B, natrium hipochloriet en Anolyte. Temperature was behou by 24 °C, 30 °C of 60 °C. Verdunnings was voorberei en oppervlak geplaat op nutriënt agar en geïnkubeer teen 28°C en 37°C (afsonderlik) vir en . Bakteriese tellings is gerapporteer as hoeveelheid bakterieë of kolonie vormende eenhede (cfu) per ml. Anolyte was die suksesvolste behandeling, aangesien daar geen oorlewing was na behandeling, ongeag die was temperatuur. Daarom kan Anolyte as 'n omgewingsvriendelike alternatief gebied word tot die huidige steriliseermiddels.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/43/1/EJC175940
2015-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error