1887

oa Fundamina : A Journal of Legal History - Romeins-Hollandse reg : 'n abstrakte of kousale stelsel van eiendomsoordrag?

 

Abstract

Die doel met hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die vraag of 'n kousale dan wel 'n abstrakte stelsel in die Romeins-Hollandse reg op die oordrag van eiendomsreg van roerende goed van toepassing was. Dit is 'n interessante vraag, veral gesien in die lig van die feit dat die Suid-Afrikaanse regstelsel (wat abstrak is) en die moderne Nederlandse stelsel (wat kousaal is) albei uit die Romeins-Hollandse reg ontwikkel het. Ten einde hierdie vraag te beantwoord, sal vasgestel moet word of 'n causa hoegenaamd 'n vereiste was vir die oordrag van eiendomsreg, al dan nie. Indien dit blyk dat dit wel 'n vereiste was, sal voorts bepaal moet word of daar op 'n geldige causa aangedring is. Met ander woorde, wat was die presiese betekenis wat aan die begrip iusta causa geheg is? Aangesien die beantwoording van hierdie vraag deur die vereistes vir die oordrag van eiendomsreg beïnvloed word, sal die vereistes wat in die Romeins-Hollandse reg van toepassing was vervolgens kortliks uiteengesit word.

Loading

Article metrics loading...

/content/funda/13/2/AJA1021545X_6
2007-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error