1887

oa Fundamina : A Journal of Legal History - Friedrich Karl Von Savigny (1779-1861) - die lewe en werk van 'n beduidende Duitse juris en sy belang ook vir die Suid-Afrikaanse reg

 

Abstract

Friedrich Karl von Savigny word alom erken as een van die grootste Duitse juriste en 'n beduidende regswetenskaplike, maar ook as 'n beroemde regsdosent. Hy was prakties vyftig jaar as regswetenskaplike bedrywig - 'n vrugbare werkspan wat weinig beskore is. In die halfeeu het sommige van sy regswetenskaplike standpunte verandering of byslyping ondergaan, maar die kernpremisse van sy wetenskapsbeoefening het verbasend standvastig gebly en het na meer as anderhalf eeu steeds niks ingeboet aan geldigheid nie. Tussen sy tydgenote was Von Savigny 'n omstrede figuur en soos dikwels met spreekwoordelik hoë bome die geval is, het ook hy veel wind van nydige en naywerige tydgenote trotseer. Sy eie studente het as sy dissipels die hoogste agting en bewondering vir hul leermeester gehad. Die talle vermeldings van sy besonder helder voordragstyl en bewonderenswaardig logies steeds sluitende argumente getuig van 'n leermeester van die eerste rang. Sy kritici bekla sy stoere vermeend konserwatiewe instelling as juris wat dikwels die ook wat die owerheidsgesag betref, dienstig was en nie oordadig beskeie was in sy selfevaluering van sy eie intellektuele vermoëns nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/funda/16/1/EJC34394
2010-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error