1887

n Health SA Gesondheid - Factors that may influence South African nurses' decisions to emigrate

USD

 

Abstract

Although no accurate statistics about the number of South African nurses working in other countries are available, the Organisation of Economic Cooperation and Development estimated that 35 000 South African nurses were working outside South Africa and/or outside the health care system (Horning, 2005:58). The global shortage of nurses, creating opportunities for South African nurses to work in foreign countries, as well as a variety of factors related to nursing, health care and the general living conditions in South Africa influence nurses' decisions to emigrate. The purpose of this study was to explore and describe the factors that influence nurses' decisions to emigrate. Maslow's Hierarchy of Needs Theory was used as a point of departure to establish what motivates the behaviour of nurses to emigrate from South Africa. A quantitative approach was used. The target population comprised all the nurses (n=3 331) on the registers of the South African Nursing Council (SANC) who completed their basic training during 2002. A random sample of 15% (n=501) of the total population of nurses who completed their basic training during 2002 was selected. Data were collected by structured questionnaires. The analysis of the data indicated that nurses' inadequate remuneration, poor working conditions, excessive workloads, lack of personal growth and career advancement possibilities and inability to meet their safety and security needs were major factors that influenced nurses' decisions to emigrate. The recommendations include improved remuneration for nurses, enhanced working conditions with adequate supplies and equipment, reduced workloads by employing more nurses, expanded career prospects and improved safety.

Alhoewel daar nie akkurate statistiek beskikbaar is oor die aantal Suid-Afrikaanse verpleegkundiges wat in ander lande werk nie, beraam die Organisasie vir Samewerking en Ontwikkeling dat 35 000 Suid-Afrikaanse verpleegkundiges buite Suid-Afrika en/of buite die gesondheidsorgsektor werk (Horning, 2005:58). Die wêreldwye tekort aan verpleegkundiges, wat geleenthede skep vir Suid-Afrikaanse verpleegkundiges om in ander lande te werk, sowel as 'n verskeidenheid faktore wat met verpleging, gesondheidsorg en die algemene lewensomstandighede in Suid-Afrika verband hou, beïnvloed verpleegkundiges se besluite om te emigreer. Die doel van hierdie studie was om die faktore wat verpleegkundiges se besluit om te emigreer beïnvloed te verken en te beskryf. Maslow se Hiërargie van Behoeftes Teorie was die vertrekpunt om te bepaal wat die gedrag van verpleegkundiges motiveer om uit Suid-Afrika te emigreer. 'n Kwantitatiewe benadering is gevolg. Die populasie vir hierdie studie was al die verpleegkundiges (n=3 331) op die registers van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) wat hulle basiese verpleegopleiding gedurende 2002 voltooi het. 'n Ewekansige steekproef van 15% (n=501) van die totale populasie van verpleegkundiges, wat hulle basiese opleiding gedurende 2002 voltooi het, is gekies. 'n Gestruktureerde vraelys is gebruik om data in te samel. Die analise van die data het aangedui dat ontoereikende salarisse van verpleegkundiges, swak werksomstandighede en 'n tekort aan hulpbronne in die gesondheidsorgdienste, asook die onvoldoende aantal verpleegkundiges in Suid-Afrika belangrike faktore is wat verpleegkundiges se besluite om te emigreer beïnvloed. Die aanbevelings behels meer vergoeding vir verpleegkundiges, beter werksomstandighede met genoegsame voorrade en toerusting, laer werksladings deur meer verpleegkundiges in diens te neem, uitgebreide loopbaanvooruitsigte en verbeterde veiligheid.

Loading

Article metrics loading...

/content/health/12/2/EJC35020
2007-06-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error