1887

n Health SA Gesondheid - Knowledge and practice of condom use in an urban adult community sample of the northern province, South Africa : research

USD

 

Abstract

There is a paucity of data concerning condom use, especially regarding knowledge about the correct use of condoms in South Africa. Therefore, the aim of tile study is to investigate knowledge and sexual practices with reference to correct use of condoms among an urban adult community in the Northern Province. A cross-sectional face-to-face interview questionnaire was conducted. Sampling was done by systematic sampling. The samples consisted of 98 participants, 40 female and 58 male, the mean age was 27.2 years (SD=5.4), with a range from 18 to 45 years. Results indicated about 90% levels of correct answers for the items of 'expiry date of condoms', 'condom be put on before contact with vagina', and 're-using condoms'. More than 15% were not aware that condoms offer protection against Sexually Transmitted Diseases or AIDS. The most common mistakes with respect to condom use were ignorance about the correct moment to put on a condom, inability to put on a condom properly, when to take off a condom, and the use of oil-based lubricants, in this order. A significant relationship was found between age, sex, and frequency of sexual encounters in the last three months and condom knowledge. Findings are discussed in view of condom promotion programmes.

Daar is 'n skaarste aan data oor die gebruik van kondome, meer spesifiek is daar 'n gebrek aan kennis oor die korrekte gebruik van kondome in Suid-Afrika. In die lig van bogenoemde is die doel van die navorsing om kennis en seksuele praktyte meer spesifiek ten opsigte van die korrekte gebruik van kondome deur stedelike volwassenes in die Noordelike Provinsie na te vors. Daar is gebruik gemaak van die dwarssnee metode. 'n Vraelys is gebruik in een-tot-een onderhoude. Steekproeftrekkings is sistematies gedoen. Die steekproef het besiaan uit 98 proefpersone waaruit 40 vroulik en 58 manlik was. Die gemiddelde ouderdom was 27.2 jaar (standaardafwyking = 5.4) met 'n verspreiding van 18 tot 45 jaar. Die resultate het 90% korrekte antwoorde getoon vir die items soos die volgende : vervaldatum van kondome, 'kondoom moet aangesit word voor kontak met die vagina', en 'hergebruik van kondoom'. Meer as 15% van die proefpersone was nie bewus dat kondome beskerming gee teen seksueel oordraagbare siektes of Vigs nie. Die grootse gebrek aan kennis gaan oor die volgende : regte oomblik om die kondoom aan te sit, onvermoë om die kondoom korrek aan te sit, wanneer om die kondoom af te haal, en die gebruik van kondome met 'n oliebasis, spesifiek in die bogenoemde volgorde. 'n Betekenisvolle korrelasie is bevind ten opsigte van ouderdom, geslag, frikwensie van seksuele omgang in die laaste drie maande en kennis van kondome. Die bevindinge word bespreek in die lig van programme om kondome te bevorder.

Loading

Article metrics loading...

/content/health/5/1/EJC35145
2000-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error