1887

n Health SA Gesondheid - Riglyne vir die kliniese begeleiding van studentverpleegkundiges deur die kliniese begeleidspan : navorsing

USD

 

Abstract

In 'n vorige artikel getiteld : "Die belewenis van die kliniese begeleidingspan van hul betrokkenheid by die kliniese begeleiding van studentverpleegkundiges" is 'n oorsig van die probleemstelling, doelwitte, navorsingsontwerp en -metode, resultate en aanbevelings van hierdie navorsing verskaf. In die navorsing is bevind dat die betrokkenheid van die lede van die kliniese begeleidingspan wissel, met 'n versteuring in die vennootskapsverhouding, met die gevolg dat kliniese begeleiding nie tot sy volle reg kom nie. Die fokus van hierdie artikel is op die spesifieke riglyne wat vanuit die navorsingsbevindinge en literatuur geformuleer is. Die riglyne is geformuleer met betrekking tot die implementering van die kliniese begeleidingsproses, effektiewe interpersoonlike verhoudinge, indiensopleiding in die onderrigleerbeginsels en uitbreiding van die student se praktykvaardigheid. Die outeurs is van mening dat die implementering van die riglyne moontlik kan lei tot 'n vennootskapsverhoudng in die kliniese begeleidingspan, wat betrokkenheid by kliniese begeleiding kan bevorder en sodoende kan lei tot die fasilitering van die studentverpleegkundige se strewe om 'n selfstandige professionele praktisyn te word wat goeie gehalte verpleging lewer.

In a previous article titled : "Die belewenis van die kliniese begeleidingspan van hul betrokkenheid by die kliniese begeleiding van studentverpleegkundiges" an overview was given of the problem statement, objectives, research design, research methodology, results and recommendations of this research. It was found that the involvement of the members of the clinical accompaniment team varied, with a disturbance in the partnership relationship, so that clinical accompaniment did not come fully into its own. The focus of this article is on the specific guidelines formulated from the research findings and literature. These guidelines were formulated in respect of the implementation of the clinical accompaniment process, effective interpersonal relations, in-service training in teaching-learning principles and the expansion of the lecturer's skills in practice. The authors believe that the implementation of the guidelines could possibly lead to a partnership relationship in the clinical accompaniment team, which could enhance involvement in clinical accompaniment and could thus lead to the facilitation of the student nurse's quest to become an independent professional practitioner who renders high quality nursing.

Loading

Article metrics loading...

/content/health/5/1/EJC35147
2000-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error