1887

n Health SA Gesondheid - Verpleegkundiges se kommunikasie-stimulasie van hoë-risiko babas in die neonatale sorgeenheid : oorsig

USD

 

Abstract

Vroeë kommuniknsie intervensie begin reeds in die neonatale sorgeenheid, waar toenemend meer hoë-risikobabas oorleef en gevolglik 'n risiko tot 'n kommunikasie-agterstand vertoon (Clark, I989:11; Rosseni, 1996:150). Die aard van die kommunikasie-interaksie wat tussen verpleegkundiges en hoë-risikobabas in die neonatale sorgeenheid plaasvind, is huidig onbekend. Die doel van hierdie studie was om die aard van tien verpleegkundiges se kommunikasie-stimulasie en die gedragsresponse van agt hoë-risikobabas in die neonatale sorgeenheid van 'n privaathospitaal te ondersoek. 'n Kommunikusie Interaksie-Evaluasie Protokol is opgestel en die resultate is gebaseer op twee-en-dertig waarnemingsessies van die kommunikasie-interaksie wat tussen tien verpleegkundiges en agt hoë-risikobabas tydens voedingstye plaasgevind het en volgens die protokol geëvalueer is. Die resultate toon dat kommunikusie-stimulasie wel deur die verpleegkundiges in hierdie studie toegepas is. Daar was egter waarnemingsessies waartydens geen, of geringe stimulasie toegepas is. Positiewe gedragsresponse, naamlik 'n kalmerende uitwerking, motoriese aktiwiteit en oogbewegings is by die hoë-risikobabas ontlok en daar was 'n beperkte voorkoms van stresseine. Veranderings in hart- en respirasietempo, sowel as toestandwisselings is waargeneem. Verwantskappe is gevind tussen spesifieke kommunikasie-stimulasie-gedrag van die verpleegkundiges en gedragsresponse van die hoë-risikobabas. Die studie beklemtoon die belang van die vroeë aanvang van kommunikasie-gebaseerde dienste in die neonatale sorgeenheid. Riglyne vir die implementering van kommunikasie-stimulasie binne die raamwerk van ontwikkelingstoepaslike sorg in die neonatale sorgeenheid, is verskaf asook riglyne vir verdere navorsing.

Early communication intervention services begin in the neonatal intensive care unit, where growing numbers of high-risk infants survive every day. These infants show an increased risk for a communication delay (Clark, 1989:11; Rossetti, 1996:150). The nature of interaction between nurses and high-risk infants in the neonatal intensive care unit is presently unknown. The purpose of the research was to describe the communication stimulation provided by ten nurses and the behavioral responses of eight high-risk infants in their care, in response to the stimulation in the neonatal intensive care unit of a private hospital. A Communication Interaction Evaluation Protocol was designed for this purpose and the results are based on thirty two observational session of the interaction between nurses and the high -risk infants in their care, during feeding times. The results indicated that nurses provided communication stimulation, although there were sessions where only limited, or no stimulation at all, was provided. Positive behavioral responses, like a calming effect, motor activity and eye movements, were observed. Limited signs of stress were elicited and the infants showed changes in heart and respiration rate, as well as state fluctuations. In spite of the limited sample, relationships were found to exist between specific communication stimulation activities and behavioural responses of the infants. The study emphasises the importance of the early onset of communication based intervention services in the neonatal intensive care unit. Guidelines are provided for the implementation of communication stimulation in the neonatal intensive care unit and for further research within the framework of developmentally appropriate care.

Loading

Article metrics loading...

/content/health/5/3/EJC35159
2000-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error