1887

n Health SA Gesondheid - Intuition in clinical decision-making by the nurse in ICU

USD

 

Abstract

This research article follows on a previous article where the results of a concept analysis of intuition were reported. The purpose of this article is to debate the role of intuition in clinical decision-making by the nurse in ICU. Clinical decision-making has been noted by many critical care nurses and nurse researchers as one of the most critical elements of critical care nursing. Minute by minute, the critical care nurse is bombarded with a vast array of data that is, in part, derived from numerous monitoring devices employed in modern ICUs. Although interpretation of the data begins with an understanding of the physiology or pathophysiology being monitored, the ultimate application of the monitoring of this data depends on the ability of the critical care nurse to make clinical decisions. Clinical decision-making refers to a reasoning process that the critical care nurse employs in order to care for the critically ill patient. The purpose of clinical decision-making in ICU is to promote the health of the critically ill patient through more complete and effective problem solving. Based on experience and observation of decision-making in ICU, it was observed that nurses in critical care units make clinical decisions, some of which they can justify, and others that they cannot justify. The latter type of clinical decision-making is sometimes referred to by nurses in critical care units as "gut-feeling" or intuition. Furthermore, it appears from this observation that clinical decision-making based on intuition is effective and contributes to better and more complete problem solving in critical care units. Therefore, the following question arises: What is the role of intuition in clinical decision-making by the nurse in ICU? From the debate on the role of intuition in clinical decision-making in ICU, the conclusion is drawn that in order to facilitate better and more complete problem solving in ICU, both clinical decision-making based on the nursing process and intuition are necessary.

Hierdie artikel volg op 'n vorige een waarin die resultate van 'n konsepanalise van intuïsie beskryf is. Die doel van hierdie artikel is om die rol van intuïsie in kliniese besluitneming deur die verpleegkundige in die kritiekesorgeenheid te beskryf. Kliniese besluitneming word deur sommige kritiekesorgverpleegkundiges en verpleegnavorsers as 'n kritiese element van kritiekesorgverpleging beskou. Die verpleegkundige in die kritiekesorgeenheid word op 'n minuut-tot-minuut basis met 'n magdom data, wat deur middel van talle moniteringsapparaat bekom word, gebombardeer. Alhoewel die interpretasie van die data begin met 'n begrip van die fisiologie of patofisiologie wat gemonitor word, hang die uiteindelike toepassing van die monitering van hierdie data af van die vermoë van die verpleegkundige in die kritiekesorgeenheid om kliniese besluite te neem. Kliniese besluitneming dui op 'n denkproses wat deur die verpleegkundige in die kritiekesorgeenheid ingespan word om die kritieksieke pasiënt te verpleeg. Die doel van kliniese besluitneming in die kritiekesorgeenheid is om die gesondheid van die kritieksieke pasiënt deur middel van effektiewe en meer volledige probleemoplossing te bevorder. Vanuit ervaring en waarneming t.o.v. besluitneming in kritieksorgeenhede, is daar waargeneem dat die verpleegkundiges in kritiekesorgeenhede sommige kliniese besluite neem wat hulle kan verantwoord, en ander besluite neem wat hulle nie kan verantwoord nie. Laasgenoemde besluite word dikwels deur verpleegkundiges in kritiekesorgeenhede na "gut-feeling" of intuïsie verwys. Dit blyk verder uit die waarneming dat kliniese besluite op grond van intuïsie effektief is, en bydra tot beter en meer volledige probleemoplossing in kritiekesorgeenhede. Die vraag kan dus gevra word: Wat is die rol van intuïsie in kliniese besluitneming deur die verpleegkundige in die kritiekesorgeenheid? Die gevolgtrekking waartoe daar vanuit die debat oor die rol van intuïsie in kliniese besluitneming in die kritiekesorgeenheid gekom is, is dat beide kliniese besluitneming op grond van die verpleegproses en intuïsie nodig is ten einde beter en meer volledige probleemoplossing in kritiekesorgeenhede te fasiliteer.

Loading

Article metrics loading...

/content/health/6/2/EJC35183
2001-06-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error