1887

n Health SA Gesondheid - Die invloed van borsmelkverrykers op die groei van lae geboortemassa-babas

USD

 

Abstract

The feeding of low birth weight babies remains a challenge. Mother's milk is deficient in protein, calcium, magnesium and phosphate. These elements need to be supplemented in order for the low weight baby to grow under optimal conditions. The objective of the study was to compare the growth of the low birth weight babies, fed only on mothers milk, with those fed on mother's milk, in addition to a commercial fortifier, using the babies' mass, length and head circumference as a guide. The literature study has shown that there are different methods of supplementing the deficiencies in mother's milk, for example, premature milk formula, alternating mother's milk and premature milk formula, additional supplements to mother's milk, and commercial fortifiers. Previous studies have shown that the biochemistry of mother's milk fortifiers influence growth positively. Six low birth weight babies were used in the experimental group and received 25% mother's milk and 75% fortifier. The control group consisted of eight babies, fed on mother's milk only. All the babies met the criteria and reached a 1600 gram weight by the end of the study. The Mann Whitney U-test was used to calculate the results. No statistically significant results were obtained for any of the variables tested.

Die voeding van lae geboortemassa-babas bly 'n uitdaging. Moedersmelk het, onder andere, tekorte in proteïne, kalsium, magnesium en fosfaat wat aanvulling noodsaaklik maak vir die lae geboortemassa-baba om optimaal te kan groei. Die doel van die studie was om die groei van lae geboortemassa-babas, gevoed met moedersmelk alleen, en moedersmelk aangevul met 'n kommersiële verryker, met mekaar te vergelyk ten opsigte van die babas se massa, lengte en skedelomtrek. Die literatuurstudie het getoon dat die tekorte in moedersmelk op verskeie maniere aangevul kan word, byvoorbeeld, met premature-formulemelk, alternerende moedersmelk en premature-formulemelk, addisionele byvoegings tot moedersmelk, en kommersiële verrykers. Vorige navorsing het getoon dat groei bevoordeel word waar moedersmelkverrykers se biochemiese invloed getoets is. Ses lae geboortemassa babas is in die eksperimentele groep ingesluit. Hierdie groep het 25% moedersmelk en 75% moedersmelkverryker ontvang. Die kontrolegroep, bestaande uit agt lae geboortemassa-babas, het slegs moedersmelk ontvang. Al die babas het aan die insluitingskriteria voldoen en die studie voltooi deur 'n massa van 1600 gram te bereik. Die Mann Whitney U-toets is gebruik om die resultate te bereken. Geen statisties beduidende resultate is gevind in enige van die veranderlikes wat getoets is nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/health/6/3/EJC35191
2001-10-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error