1887

n Health SA Gesondheid - Lewenskwaliteit te midde van 'n erge stressor : 'n studie van bejaardes met Alzheimer se siekte of rumatoïede artritis : research

USD

 

Abstract

Hierdie studie handel oor die rol wat psigofortigene faktore speel in die handhawing van lewenskwaliteit deur bejaardes wat gediagnoseer is met rumatoïede artritis of Alzheimer se siekte. Psigofortigenese het te make met die sielkundige faktore wat sielkundige sterktes in die teenwoordigheid van stressore onderlê. Lewenskwaliteit word, teen die agtergrond van die onderskeiding tussen 'n hedonistiese en eudaimoniese perspektief, gedefinieer as die subjektiewe ervaring van 'n suksesvolle strewe na die bereiking van belangrike doelwitte. Die ondersoekgroep het bestaan uit 14 bejaardes woonagtig in 'n ouetehuis of 'n aftree-oord. Die ondersoekgroep is in drie groepe verdeel, een met rumatoïede artritis, een met Alzheimer se siekte en 'n derde groep relatief gesonde bejaardes. Hierdie artikel fokus op die kwalitatiewe ontleding van ongestruktureerde onderhoude met die bejaardes. 'n Ontleding van die resultate het 'n belewenis van welstand by hulle aangedui. Die rol van hulle persepsie van lewensgebeure as verstaanbaar, beheerbaar en betekenisvol, die drie elemente van Antonovsky se Koherensiesin, is toegelig. Volgens die ondersoek het 'n sosiale ondersteuningsnetwerk en 'n spirituele geloofsisteem ook betekenisvol bygedra tot die handhawing van hulle lewenskwaliteit.

This study addresses the role of psychofortigenic factors in maintaining quality of life in elderly people diagnosed with either rheumatoid arthritis or Alzheimer's disease. Psychofortigenesis pertains to psychological factors underlying psychological strengths in the presence of stressors. Quality of life is defined, with the distinction between a hedonistic and eudaimonic perspective as backdrop, as the subjective experience of a process of successful striving towards achieving important goals. The subjects were 14 elderly people residing in either an old age home or a retirement village. Three subgroups were studied, one group diagnosed with Alzheimer's disease, one group with rheumatoid arthritis and another group of relatively healthy elderly persons. A qualitative analysis of interviews with the subjects confirmed their general sense of well-being. The role of their perception of life events as comprehensible, manageable and meaningful, the three elements of Antonovsky's Sense of Coherence, is highlighted. According to the study a supportive social network and a spiritual belief system also contributed significantly to maintenance of their quality of life.

Loading

Article metrics loading...

/content/health/9/1/EJC35289
2004-03-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error