1887

n Historia - Historise verenigings en tydskrifte in Suid-Afrika : verlede, hede en toekoms

USD

 

Abstract


Both in South Africa and abroad, national academic history societies and journals followed on the establishment of history as an independent academic discipline. In South Africa the first national history society was founded in 1913 but lasted for only a few years. In the following forty years another few attempts followed but most of them had very little success. Since the fifties, however, several more successful national history societies were established : apart from the Historical Association of South Africa (1956) and the South African Historical Society (1965) and their respective journals, societies and journals were founded to promote inter alia cultural history, military history, economic history, church history, regional and local history, contemporary history and the teaching of history. This rapid expansion is, however, not necessarily an indication of vitality and important problems can be identified. An in-depth inquiry into the following, is for example, necessary : history societies' and journals' potential for financial survival, establishing a sound balance between professionalism and popularity, and the unpopularity of history as school and university subjects and strategies to reverse this trend in future.

Nasionale historiese vakverenigings en -tydskrifte in Suid-Afrika het, net soos in die buiteland, op die grondlegging van Geskiedenis as 'n afsonderlike akademiese dissipline gevolg. Die eerste nasionale historiese vakvereniging is in 1913 in Suid-Afrika gestig, maar het slegs vir enkele jare bestaan. In die daaropvolgende veertig jaar het nog enkele ander pogings gevolg wat op die langtermyn meestal nie suksesvol was nie. Vanaf die vyftigerjare is egter verskeie nasionale historiese vakverenigings en -tydskrifte tot stand gebring wat die toets van die tyd deurstaan het - afgesien van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika (1956) en die Suid-Afrikaanse Historiese Vereniging (1965) en hulle onderskeie vaktydskrifte, is verenigings en tydskrifte in die lewe geroep om onder meer Kultuurgeskiedenis, Ekonomiese Geskiedenis, Kerkgeskiedenis, Militêre Geskiedenis, Streeks- en Plaaslike Geskiedenis, Eietydse Geskiedenis en die onderrig van Geskiedenis te bevorder. Hierdie vinnige uitbreiding is egter nie noodwendig 'n aanduiding van lewenskrag nie en belangrike knelpunte kan geïdentifiseer word. Dit het byvoorbeeld noodsaaklik geword dat die finansiële oorlewing van verenigings en tydskrifte, 'n gesonde ewewig tussen professionalisme en populariteit en die bedreiging van die voedingsbronne van historiese verengings en tydskrifte (die kwynende belangstelling op skool en universiteit) indringend ondersoek en strategieë vir die toekoms in verband daarmee beplan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/38/2/EJC37799
1993-11-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error