1887

n Historia - The great of 1983?

USD

 

Abstract


Dit was nog altyd duister waarom die Arbeidersparty in Suid-Afrika, na sowat ses jaar van teenkanting en aanhoudende verwerping van die grondwetlike voorstelle, asook volgehoue openbare ontkennings dat hulle ooit sou dink aan deelname aan die Driekamer-parlement, skielik in Januarie 1983 'n ommekeer gemaak het en besluit het om deel te neem. Die aanloop tot die Eshowe-konferensie, waar die besluit geneem is en die gebeure rondom die dramatiese ommeswaai, gee 'n fassinerende insig in magspolitiek, toe 'n kragtige Nasionale Party 'n kwesbare Arbeidersparty onder skoot geneem het. Die Arbeidersparty het swak weerstand gebied en het uiteindelik toegegee aan die druk en besluit om met die Nasionale Party saam te werk. Na sewe jaar van "regering" in die "Kleurling"-kamer van die Driekamer-parlement, het baie lede oorgestap en by die Nasionale Party aangesluit, Die gevolg was dat die Arbeidersparty in 1992 beheer oor die kamer aan die "bruin" Nasionale Party afgestaan het. Die Arbeidersparty het vervolgens nouer bande met die African National Congress gesoek en by die Patriotiese Front aangesluit. Dit was dalk 'n erkenning dat die 1983-besluit wel 'n fout was. Hierdie besluit kan nou in historiese persepktief ondersoek word.

It has always been somewhat of a mystery why the Labour Party in South Africa, after some six years of vociferous and consistent condemnation of the constitutional proposals, and persistent public denials that it would ever consider participating in the tricameral parliament, performed an amazing somersault in January 1983 and decided to participate. The events leading up to the Eshowe Conference where the decision was made, and the circumstances surrounding the dramatic about-turn, give a fascinating insight into power politics as a powerful National Party went after a vulnerable Labour Party. The Labour Party offered feeble resistance but eventually succumbed to the pressure and decided to cooperate with the National Party. After "ruling" for seven years in the "Coloured" tricameral chamber, the Labour Party suffered massive defections to the National Party in 1991 and eventually lost control of the House to the "Brown" National Party in 1992. The Labour Party then joined the "Patriotic Front" and forged closer links with the African National Congress. By doing so, it was perhaps admitting that its decision in 1983 to participate was an error. That decision in 1983 can now be examined in historical perspective.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/39/2/EJC37825
1994-11-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error