1887

n Historia - Idee, narratief en diskoers : die vroeë intellektuele vorming van F.A. van Jaarsveld 1922-1950

USD

 

Abstract


Prof. F.A. van Jaarsveld (1922-1995) is considered as one of the most important historians of South Africa in the twentieth century. In the article an attempt is made at an investigation into the intellectual development he underwent in the first 28 years of his life. As a young boy on the Eastern Transvaal Highveld he attended a farm school before entering the prestigious Hoër Volksskool Heidelberg as a boarding student. Here he was influenced by a number of educational and cultural leaders, such as S. Eyssen and J.C. Otto.
At the University of Pretoria (1941-1945) he was exposed to a number of leading academics. It was here that he experienced a learning curve that formed the basis for his formal training as an historian. Towards the end of 1947 F.A. van Jaarsveld left for Europe where he studied in the Netherlands for about three years under, amongst others, P.J. van Winter, H. Plessner and J. Romein. The completion of his doctoral dissertation in history at the University of Groningen at the age of 28 years, rounded off the first phase in his development.
The brief study is an attempt to give a discursive narrative impression of a complex, but highly productive historian, who over a period of half a century (1945-1995) asserted a marked influence on the the discipline of history in South Africa.

Prof. F.A. van Jaarsveld (1922-1995) word alom gereken as een van die grootste geskiedskrywers van Suid-Afrika in die twintigste eeu. In die artikel word gepoog om ondersoek in te stel na die intellektuele vormingsproses wat hy gedurende sy eerste 28 lewensjare deurgemaak het. Hy het as jong seun op die Oos-Transvaalse Hoëveld 'n plaasskool bygewoon voordat hy na die hoogs gerespekteerde Hoër Volksskool op Heidelberg as koshuisleerling gegaan het. Hier het hy onder die invloed van bepaalde onderwys- en kultuurleiers, soos S. Eyssen en J.C. Otto, gekom.


Aan die Universiteit van Pretoria (1941-1946) het hy te midde van 'n blootstelling aan 'n verskeidenheid vooraanstaande akademici 'n leerkurwe deurgemaak wat 'n bepalende invloed op sy ontwikkeling uitgeoefen het. Aan die einde van 1947 is F.A. van Jaarsveld na Europa waar hy oor 'n tydperk van sowat drie jaar in Nederland aan die voete van onder meer P.J. van Winter, H. Plessner en J. Romein gesit het. Die afhandeling van sy doktorale proefskrif in geskiedenis aan die Universiteit van Groningen op 28-jarige ouderdom rond die eerste fase in die ontwikkeling van dié historikus af.
Daar word gepoog om in die konteks van 'n diskursiewe narratief 'n indruk te gee van hierdie komplekse, maar hoogs produktiewe historikus, wat oor 'n tydperk van 'n halfeeu (1945-1995) 'n daadwerklike invloed op die beoefening van die dissipline uitgeoefen het.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/40/1/EJC37844
1995-08-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error