- Home
- A-Z Publications
- Historia
- Previous Issues
- Volume 43, Issue 1, 1998
Historia - Volume 43, Issue 1, May 1998
Volumes & issues
-
Volume 62 (2017)
-
Volume 61 (2016)
-
Volume 60 (2015)
-
Volume 59 (2014)
-
Volume 58 (2013)
-
Volume 57 (2012)
-
Volume 56 (2011)
-
Volume 55 (2010)
-
Volume 54 (2009)
-
Volume 53 (2008)
-
Volume 52 (2007)
-
Volume 51 (2006)
-
Volume 50 (2005)
-
Volume 49 (2004)
-
Volume 48 (2003)
-
Volume 47 (2002)
-
Volume 46 (2001)
-
Volume 45 (2000)
-
Volume 44 (1999)
-
Volume 43 (1998)
-
Volume 42 (1997)
-
Volume 41 (1996)
-
Volume 40 (1995)
-
Volume 39 (1994)
-
Volume 38 (1993)
-
Volume 37 (1992)
-
Volume 36 (1991)
-
Volume 35 (1990)
-
Volume 34 (1989)
-
Volume 33 (1988)
-
Volume 32 (1987)
-
Volume 31 (1986)
-
Volume 30 (1985)
-
Volume 29 (1984)
-
Volume 28 (1983)
-
Volume 27 (1982)
-
Volume 26 (1981)
-
Volume 25 (1980)
-
Volume 24 (1979)
-
Volume 23 (1978)
-
Volume 22 (1977)
-
Volume 21 (1976)
-
Volume 20 (1975)
-
Volume 19 (1974)
-
Volume 18 (1973)
-
Volume 17 (1972)
-
Volume 16 (1971)
-
Volume 15 (1970)
-
Volume 14 (1969)
-
Volume 13 (1968)
-
Volume 12 (1967)
-
Volume 11 (1966)
-
Volume 10 (1965)
-
Volume 9 (1964)
-
Volume 8 (1963)
-
Volume 7 (1962)
-
Volume 6 (1961)
-
Volume 5 (1960)
-
Volume 4 (1959)
-
Volume 3 (1958)
-
Volume 1 (1956)
Volume 43, Issue 1, May 1998
-
Die redakteur neem afskeid
Author Fransjohan PretoriusSource: Historia 43 (1998)More LessSedert die stigting van die Suid-Afrikaanse Historiese Genootskap in 1956 was die redakteur van sy mondstuk, Historia, verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Met hierdie uitgawe van die tydskrif kom die lang verbintenis tot 'n einde.
-
F.J. du Toit Spies : beskeie an bekwame vakman
Author Fransjohan PretoriusSource: Historia 43, pp 2 –5 (1998)More LessMet die dood van Francois Jacobus du Toit Spies in Johannesburg op 31 Mei 1998 het die Suid-Afrikaanse geskiedenisgemeenskap in die algemeen, en die Suid-Afrikaanse Historiese Genootskap in die besonder, 'n baie beskeie en uiters bekwame vakman verloor.
Oor Toit Spies kan mens baie skryf, ook omdat hy so min oor homself gesê het. Dit is hier egter nie die bedoeling om die waarderings en feitelike gegewens wat A.N. Pelzer en F.A. van Jaarsveld oor hom uitgespreek het, grootliks te herhaal nie. Wel kan enkele feite oor sy lewensloop weer opgediep word.
-
A.P.J. (Arrie) van Rensburg : dosent en verteller by uitnemendheid
Author Fransjohan PretoriusSource: Historia 43 (1998)More LessNiemand het na 'n gesprek met Arrie van Rensburg beswaard weggestap nie. Met sy merkwaardige kommunikasievermoëns en wellewendheid het hy die gawe gehad om jou geïnspireerd en met optimisme te laat verder gaan. Daarbenewens was hy in staat om sy kennis van en insigte in die geskiedenis met helderheid oor te dra. Daarom was sy dood in 'n motorongeluk op 2 April vanjaar so 'n groot skok vir almal wat hom geken het.
-
Prof. Marius Swart
Author Otto TerblancheSource: Historia 43, pp 7 –8 (1998)More LessProf. Marius Swart het in Desember 1996 na 'n verbintenis van 32 jaar afgetree as professor en hoof van die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van Port Elizabeth (UPE). Hy het oor vier dekades die vak Geskiedenis met onderskeiding gedien.
-
Trying to make them visible : women in Port Elizabeth in the late nineteenth - early twentieth century
Author A. AppelSource: Historia 43, pp 9 –28 (1998)More Less'n Poging om hulle sigbaar te maak : vroue in Port Elizabeth in die laat negentiende - vroeg twintigste eeu
Hierdie artikel is 'n inleiding tot enkele aspekte van die geskiedenis van vroue in Port Elizabeth in hoofsaaklik die laat 19de- en vroeg 20ste-eeu. Enersyds is dit gebaseer op die statistiek in die sensusverslae vir 1875 en 1911, wat dan ook min of meer die periodisering aandui. Andersyds berus dit op 'n verskeidenheid literêre getuienis wat egter ongelukkig heel fragmentaries is.This is an introductory effort to explore some aspects of the history of women in mainly late 19th and early 20th century Port Elizabeth. On the one hand it is based on the statistics in the census reports for 1875 and 1911, representing more or less the periodisation under discussion. On the other hand it is based on a variety of literary evidence, which is unfortunately rather fragmentary.
-
Social space and racial identity in colonial Pietersburg (1886-1920)
Authors: S.E. Donaldson and I.J. Van der MerweSource: Historia 43, pp 29 –40 (1998)More LessSosiale ruimte en rasidentiteit in koloniale Pietersburg (1886-1910)
In die konteks van sosio-ruimtelike onregverdighede in Suid-Afrikaanse stede, word geskeide ruimtes beskou as manifestasies van rasidentiteit. Die identiteit van Pietersburg as 'n kulturele bestaansplek vir wit rnense het sy oorsprong met die proklamasie van die dorp in 1886. Daaropvolgende identiteit van rasse-vooroordeel is gevoed nog lank voordat dit deur wetgewing gemanipuleer is gedurende die apartheid era. Hierdie artikel ondersoek die ontstaan van Pietersburg gedurende die pre-Uniale periode (1886-1910), en vra ten slotte die vraag of die pleknaam moet verander in post-apartheid Suid Afrika.In the context of socio-spatial injustice in South African cities, divided spaces are viewed as manifestations of racial identity. Pietersburg's identity as a cultural place for whites originates in its proclamation as a town in 1886. Its subsequent racial identity was fostered by means of pure prejudice long before it was manipulated by legislation during the apartheid era. This article assesses the creation of Pietersburg during the pre-Union period (1886 to 1910) and asks whether the place name should now change in the post-apartheid era to restore its original identity.
-
Caught up in the cross-fire : a British citizen in the Orange Free State during the Anglo-Boer War, 1899-1900
Author Fransjohan PretoriusSource: Historia 43, pp 41 –71 (1998)More LessVasgevang in die kruisvuur : 'n Britse burger in die Oranje-Vrystaat gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1900
Hierdie artikel is die dagboek van Charlie Moses, 'n Britse burger en bankamptenaar wat in die eerste sewe maande van die Anglo-Boereoorlog in Lindley in die Oranje-Vrystaat vasgekeer was. Die dagboek, wat deur Fransjohan Pretorius geannoteer is, is in die vorm van 'n brief aan sy vader in Engeland, en dek die tydperk 12 November 1899 tot 19 Mei 1900. Dit gee insig in die ervarings van Moses as geviktimiseerde Britse burger in 'n Boeredorp en sy siening van die Boere, en verwys na al die belangrikste gebeure van die tydperk soos hy dit uit amptelike en nie-amptelike oorlogsberigte aan Boerekant verneem het. Die Britse besetting van Lindley op 17 Mei 1900 stel Moses in staat om na Engeland terug te keer.This article is the diary of Charlie Moses, a British citizen and bank official, who was trapped in Lindley in the Orange Free State during the first seven months of the Anglo-Boer War. The diary, annotated by Fransjohan Pretorius, is in the form of a letter from Moses to his father in England, and covers the period 12 November 1899 to 19 May 1900. It gives insight into the writer's view of the Boers and his experiences as a victimized British citizen in a Boer town. It relates all the major events of the period as gleaned from official and unofficial Boer war reports. The British occupation of Lindley on 17 May 1900 meant that Moses was able to return to England.
-
Planning the defences of World War III : the post-war British Empire and the role of Australia and South Africa, 1943-1957
Author Wayne ReynoldsSource: Historia 43, pp 72 –90 (1998)More LessVerdedigingsbeplanning vir die Derde Wereldoorlog : die na-oorlogse Britse Ryk en die rol van Australië en Suid-Afrika, 1943-1957
Hierdie artikel ondersoek die rol van die na-oorlogse verdedigingsbeplanning van die Britse Ryk met spesifieke verwysing na kernwapens. In die tydperk voor die herstel van atoombetrekkinge met die VSA, het Brittanje na sy suidelike Dominiums gekyk om kern afweerwapens te ontwikkel. Australië en Suid-Afrika het nie alleen oor afgesonderde gebiede sonder nabygeleë industrieë of bevolking beskik nie, maar ook oor uraan, splytbare materiaal, wetenskaplike mannekrag en toetsgronde. In hul beplanning vir globale oorlogvoering het albei Dominiums die noodsaaklikheid van gevorderde verdediging besef. Australië het na Maleisië ontplooi, terwyl Suid-Afrika hom besig gehou het met lugverdediging tot op 'n lyn noord in die omgewing van Mombassa. Albei Dominiums het 'n rol in die verdediging van die Midde-Ooste gespeel en dit is moontlik dat albei beplan het om oor kernwapens te beskik. Hulle wou beslis die reaktortegnologie gehad het wat daardie opsie moontlik sou maak. Na 1957 het Australië daarvan teruggetree - Suid-Afrika het nie.This article explores the role of the post-war British Empire defence planning with particular reference to nuclear weapons. In the period before the restoration of atomic relations with the US, Britain looked to the southern Dominions to develop nuclear deterrent weapons. Australia and South Africa not only provided remote areas to disperse industry and population, but also provided uranium, fissile material, scientific manpower and test sites. In planning for the actual execution of global war both Dominions considered the need for forward defence. Australia deployed to Malaya while South Africa was concerned about aerial defences to a line north in the area of Mombassa - the location of the British strategic reserve. Both Dominions planned a role in the defence of the Middle East and arguably both planned on the possession of nuclear weapons. They certainly wanted the reactor technology that would preserve that option. After 1957 Australia backed away - South Africa did not.
-
'n Verkenning van beskouings oor die sogenaamde "egodokument" as bron vir historiese navorsing
Author Lize KrielSource: Historia 43, pp 91 –103 (1998)More LessA survey of thoughts on the so-called "egodokument" as a source for historical research
The Dutch term egodokument was coined approximately forty years ago to identify memoirs, autobiographies, diaries, travel journals, letters and interviews as a separate category of historical sources. It is claimed that the description fulfils a need that also exists in other languages and is not satisfactorily addressed by the English personal document, the French document personnel or the German Selbstzeugnis. Egodokumenten can be defined as documents in which the user is confronted by an "I" as writing and explaining subject. This survey assesses the significance of the egodokument for the historian, the motivation behind the content of such sources and the problems encountered in their classification and definition. An attempt is made to determine the extent to which their subjective nature might impinge upon their reliability as historical sources. It is concluded that there is no fundamental difference between egodokumenten and other historical texts in this respect : all have basically evolved from a narrative "I" - whether the author chooses to hide behind the information given, or reveals his or her identity in the text. Several approaches borrowed from the social sciences and literary theory are employed to extract maximum benefit from these self-centred egodokumenten. Finally, a strategy for the publication of egodokumenten is suggested and an indication is given of the possibilities for historians in the application of these sources.Die term egodokument is ongeveer veertig jaar gelede in Nederland gemunt om memoires, outobiografieë, dagboeke, reisverhale, briewe en onderhoude as aparte kategorie historiese bronne te beskryf. Daar word aangevoer dat dit aan 'n behoefte voldoen wat ook in ander tale bestaan en waarvoor die Engelse personal document, die Franse document personnel en die Duitse Selbstzeugnis geen volkome ekwivalent bied nie. Egodokumente kan omskryf word as dokumente "waarin de gebruiker zich gesteld ziet tegenover een 'ik' ... als schrijvend en beschrijvend subject. In hierdie ondersoek word besin oor die belang van egodokumente vir historici, die motiverings agter die totstandkoming daarvan en die probleme random die definiëring en klassifisering van bronne binne die kategorie "egodokument". Daar word gevra na die mate waarin die subjektiewe aard van egodokumente die betroubaarheid daarvan belemmer en tot die gevolgtrekking gekom dat egodokumente nie fundamenteel verskil van ander soorte bronne wat immers óók gekonstrueer is deur 'n vertellende, hetsy meer of minder verskuilde, "ek" nie. Van die benaderings wat uit die sosiale wetenskappe en die literatuurstudie geleen word om die hoë graad van "ek"-gerigtheid in egodokumente ten beste te benut, word genoem. Ten slotte word begin oor publikasiestrategieë vir egodokumente en die toepassingsmoontlikhede van hierdie tipe bronne vir historici.
-
Industrialisasie in Suid-Afrika : 'n historiografiese debat?
Author Grietjie VerhoefSource: Historia 43, pp 104 –120 (1998)More LessIndustrialisation in South Africa : an historical debate?
Historians have not given much attention to industrialisation as an economic phenomenon. The majority of historical publications deal with the social and political implications of the phenomenon. This article analyses the work of economic historians initially, then the publications of economist historians. Agreement exists on the cost of industrial protectionism, as well as the initial necessity thereof to stimulate economic growth. Economists intensively debated the govermnent's decentralisation programme and questioned the political motivation for the policy. The revisionist historians' publications basically address the idea that political policies were used to ensure capitalist development. The author finds that very little real debate has taken place between the first two groups of writers and the revisionist historians.Industrialisasie as 'n ekonomiese verskynsel het min aandag van historici ontvang. Die meeste publikasies van historici handel oor die sosiale en politieke implikasies van die verskynsel. Hierdie artikel ontleed die werk van ekonomiese historici in die eerste plek, dan die werk van ekonome en daarna revisionistiese historici. Daar is groot ooreenstemming oor die koste van aanvanklike industriële proteksionisme, asook die aanvanklike nut daarvan ten einde ekonomiese groei te stimuleer. Ekonome bet indringend gedebateer oor die owerheid se desentralisasieprogram en veral die politieke rasionaal daaragter bevraagteken. Die revisionistiese publikasies oor industrialisasie handel hoofsaaklik oor die idee dat politieke beleidsrigtings geïmplementeer is om kapitalistiese ekonomiese ontwikkeling te verseker. Die skrywer beweer dat min werklike debat tussen die eerste groepe skrywers oor industrialisasie en laasgenoemde revisionistiese historici plaasvind.
-
Geskiedenis en joernalistiek : 'n simbiotiese model vir Suid-Afrikaanse joernalistiekskole
Author George ClaasenSource: Historia 43, pp 121 –129 (1998)More LessHistory and journalism : a symbiotic model for South African schools of journalism
The decline in general knowledge and, more specifically, knowledge of history, among students has become a serious problem to lecturers in journalism courses worldwide. But it also reflects detrimentally on the media employing these students, as the media are becoming more and more the target of criticism for superficiality and lack of contextual references in news reports. This article is an empirical analysis of the knowledge of history among a group of 130 applicants for the B.Honours degree at the University of Stellenbosch. The Stellenbosch journalism programme is the only specialised postgraduate course of its kind in South Africa. One would expect students coming into the course, to have a broader general knowledge than those studying journalism at undergraduate level. The necessity of introducing a level of basic history to journalism students in South African tertiary institutions is studied in the light of the research undertaken into cultural literacy by E.D. Hirsch and others in the U.S.A. A comparison is also made between the levels of historical knowledge of students with a background of history at tertiary level, and those with no history background.Die gebrekkige algemene kennis, en meer spesifiek die swak kennis van geskiedenis van studente, begin wêreldwyd ernstige probleme skep vir dosente in joernalistiek. Verder reflekteer dit ook negatief op die media wat hierdie studente in diens neem en toenemend onder kritiek moet deurloop weens die oppervlakkigheid van en die gebrek aan kontekstuele verwysing in nuusberigte. Hierdie artikel is 'n empiriese ontleding van die kennis van geskiedenis onder 'n groep van 130 aansoekers vir toelating tot die B.Honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Die Stellenbosch joernalistiekprogram is die enigste gespesialiseerde nagraadse joernalistiekprogram in Suid-Afrika. 'n Mens sou dus 'n beter algemene kennis van hierdie potensiële studente verwag. Die artikel ondersoek die noodsaaklikheid van 'n studie van geskiedenis vir joernalistiekstudente in die lig van navorsing oor kulturele geletterdheid deur E.D. Hirsch en andere in die V.S.A. 'n Vergelyking word ook getref tussen studente met voorgraadse opleiding in geskiedenis en die daarsonder.
-
Die Children's Friend Society in Engeland en die Kaap die Goeie Hoop, 1830-1841 - argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 57, M.M. Brown : book review
Author Barbara ConradieSource: Historia 43, pp 130 –131 (1998)More LessDie Children's Friend Society in Engeland en die Kaap die Goeie Hoop is oorspronklik goedgekeur as verhandeling vir 'n M.A.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch in 1989. Die werk is goed nagevors, met 'n aansienlike bronnelys van sekondêre en argivale bronne, en gee 'n helder, maklik-leesbare uiteensetting van die ontstaan, aktiwiteite en ondergang van hierdie gedoemde vereniging.
-
The Growth of Cape Town Commerce and the role of John Fairbairn's Advertiser (1835-1859), J.L. Meltzer : book review
Author Barbara ConradieSource: Historia 43, pp 131 –132 (1998)More LessIn its original form, it was approved as a thesis for the degree Master of Arts by the University of Cape Town, 1989. The author has read extensively and the bibliography includes an impressive list of especially secondary sources, virtually all of which have been used intelligently in setting theories and counter-theories in context. The work is largely analytical, based on previously expounded interpretations placed in juxtaposition to the relative views of John Fairbairn as published in his South African Commercial Advertiser editorials, both in an economic and political sense.
-
J.J. Kicherer en die vroeë sending, 1799-1806, Karel Schoeman : book review
Author Hans HeeseSource: Historia 43, pp 133 –134 (1998)More LessKarel Schoeman se reeks werke oor die vroeë sending aan die Kaap het aan hom 'n nuwe staanplek in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing verleen. Van sy heel eerste werke oor die sending is die bloemlesing Die huis van die armes (1985) wat gebaseer is op vertalings van gepubliseerde Berlynse Missionsberichte en waarby hy kommentaar gevoeg het om die tekste in konteks te plaas. Verdere toeligting is in voetnote bygebring. Een van Schoeman se jongste werke - J.J. Kicherer en die vroeë sending, asook Dogter van Sion wat oor die lewe van Machtelt Smit handel - is 'n poging om die vroeë Kaapse kerk- en kultuurgeskiedenis vir 'n groter leserspubliek toeganklik en leesbaar te maak.
-
Aankondiging
Source: Historia 43 (1998)More Less'n Suid-Afrikaanse bibliografie tot die jaar 1925 (SABIB), vol 6