1887

n Historia - The Union Defence Force and the struggle to establish a South African canteen system, 1914-1916

USD

 

Abstract


Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914, het die Unieverdedigingsmag nie oor 'n kantienstelsel beskik wat saam met die Suid-Afrikaanse troepe na Duits-Suidwes-Afrika gestuur kon word nie. Na die onttrekking van die grootste deel van die Britse soldate uit Suid-Afrika in daardie jaar, is die Britse kantienorganisasie in Suid-Afrika - die Suid-Afrikaanse Garnisoensinstituut - tot die beskikking van die Unieverdedigingsmag gestel. Die vaagheid van die ooreenkorns tussen die Britse en Suid-Afrikaanse militêre owerhede, tesame met allerlei negatiewe gerugte wat die rondte gedoen het, het tot swak verhoudings gelei. Alhoewel daar 'n mate van waarheid in sommige van die gerugte was, het die meeste van die kritiek uit 'n misverstand ten opsigte van prysbepaling, die beleid rakende winste, en die toegewings wat aan die SAGI deur die Suid-Afrikaanse regering toegestaan is, gespruit. Die toedrag van sake het tot die stigting van 'n Suid-Afrikaanse kantienstelsel, die Unieverdedigingsmagsinstituut, in 1916 gelei.

The Union Defence Force had no canteen organisation to accompany her troops into German South West Africa, following the outbreak of the First World War in 1914. Following the withdrawal of the majority of British troops from South Africa in that year, the British canteen organisation in South Africa, the South African Garrison Institutes (SAGI) , was placed at the disposal of the Union Defence Force. The vagueness of the agreement between the British and South African military authorities, together with the presence of large-scale rumours led to a breakdown in relations. Despite truth in some of the disparagement, most of the criticism was found to be rooted in misunderstanding with regard to the fixing of prices; policy regarding the generation of profit; and the details of the concessions allowed to the SAGI by the South African government. These circumstances led to the establishment of a South African canteen system, the Union Defence Force Institute (UDFI), in 1916.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/43/2/EJC37922
1998-11-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error