1887

n Historia - African reaction to white penetration : the Hananwa of Blouberg, ca. 1886-1894

USD

 

Abstract

This article focuses on the interaction between an African community of the northern Soutpansberg District and the officials of the Transvaal Government during the last decade of the nineteenth century. The reaction of the Hananwa of Blouberg to the Pretoria Government's measures to turn them into Boer subjects through the appropriation of their land, labour and taxes, is considered and compared with the reaction of the Africans in the central parts of the Transvaal almost a decade and a half earlier. Unlike the situation in the more densely (white) populated central parts of the Transvaal, white demands for African land and labour were not among the primary causes of conflict between the Boers and the Hananwa. Their reluctance to pay taxes and the activities of the local Native Commissioner, ultimately led to the Boer-Hananwa War of 1894.

Hierdie artikel fokus op die interaksie tussen 'n swart gemeenskap van die noordelike Soutpansbergdistrik en die amptenare van die Transvaalse regering gedurende die laaste dekade van die negentiende eeu. Die reaksie van die Hananwa van Blouberg op die Pretoria-regering se maatreëls om hulle in Boere-onderdane te omskep deur hulle grond en arbeid te bekom en hulle belastingpligtig te maak, word beredeneer en vergelyk met die reaksie van swart gemeenskappe in die sentrale dele van Transvaal 'n dekade en 'n half vantevore. Anders as in die digter (wit-) bevolkte sentrale dele van Transvaal, was wit aansprake op swart grond en arbeid nie die primêre oorsaak van konflik tussen die Boere en die Hananwa nie. Dit was eerder die Hananwa se traagheid om belasting te betaal en die wyse waarop die plaaslike Boerekommissaris, Barend Vorster, die belastingkwessie gemanipuleer het, wat uiteindelik tot die Boer-Hananwaoorlog van 1894 gelei het. Vroeg in 1894, toe dit duidelik begin word het dat Transvaal bereid was om die Hananwa met geweld te onderwerp, het Mmalebôhô sy selfversekerde houding van 1890 verruil vir 'n veel meer tegemoetkomende benadering van paaiery, ontduiking en skyn-onkunde oor belastingkwessies. Sy teenstanders en 'n aansienlike aantal van sy onderdane het agter die voorwendsel dat hulle nie sonder sy toestemming belasting kon bestaal nie, geskuil totdat die Boere hulle begin verhoed het om te oes. Teen die tyd dat die beleg van Mmalebôhô se hoofsetel in die berge in volle gang was, was hy die ondersteuning van ongeveer die helfte van sy onderdane kwyt.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/45/1/EJC37980
2000-05-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error