1887

n Historia - 'De Heer Maritz zijn lager' at the Zuikeroschrand, Sep.-Dec. 1837

USD

 

Abstract

The second commando against Mzilikaze, undertaken by Andries Hendrik Potgieter, Piet Uys, and Gert Maritz departed from the Suikerbosrand in November 1837. The author provides new information, over and above that of P.J. van der Merwe and R.K. Rasmussen on the history of the Voortrekkers in the Suikerbosrand region. He also makes some disclosures on the battle which previously was not known. Evidence is also provided in respect of the Maritz trek's place of residence and logistical data.

"De heer Maritz zijn lager" aan die Suikerbosrand, Sep.-Des. 1837 Die tweede kommando teen Silkaats deur Potgieter, Uys en Maritz het vanaf Suikerbosrand, Gauteng, in November 1837 uitgetrek. Die twee mees omvattend gedokumenteerde beskrywings van hierdie kommando is gepubliseer deur P.J. van der Merwe en R.K. Rasmussen. Met gebruikmaking van vyf bronne wat aan hierdie navorsers onbekend was, vul hierdie artikel hulle uitvoerige studies aan. Ten eerste, informasie word verskaf oor die roete wat deur die Potgieter- en Maritztrekke gevolg is vanaf die Sandrivier na die Suikerbosrand gedurende September tot November 1837, oor die gebeurtenisse wat plaasgevind het gedurende die Voortrekkers se verblyf in die Suikerbosrand, oor die werklike slag teen Silkaats en oor die vegters se terugkeer na hulle laers. Die datum van elke gebeurtenis is geëkstrapoleer van die paar datums wat verskaf is. 'n Opsienbarende onthulling, waarvan Van der Merwe 'n sterk vermoede gehad het, soos blyk uit sy gesaghebbende "Die Matebeles en die Voortrekkers", kan tans bevestig word: Die slag het nie nege dae geduur nie maar drie dae. Verder, daar is aanduidings dat die Ndebele nie verdryf is as 'n direkte gevolg van hierdie kommando nie maar dat hulle migrasie vrywillig was. Ten tweede, die presiese plek van die Maritzlaer, sy vorm, sy grootte, sy vestingwerke en die getal waens waaruit die laer bestaan het, is bepaal en blykbaar bevestig deur 'n lugfoto van 1944. Verdere bevesting staan verkry te word uit argeologiese uitgrawings.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/45/2/EJC37991
2000-11-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error