1887

n Historia - The Kennedy administration and the institution of an arms embargo against South Africa, 1961 - 1963

USD

 

Abstract

In the 1950's the Afro-Asian nations in the United Nations launched a plan for mandatory sanctions against South Africa, due to the latter's policy of apartheid. In most of the early campaigns, South Africa had enjoyed the support of the United States, although the latter had always verbally condemned the South African Government's policy of apartheid. With the onset of the Kennedy Administration in the United States in 1961, this situation was however due to change.

Die Kennedy Administrasie en die instelling van 'n wapenverbod teen Suid-Afrika, 1961 - 1963 Vanaf die 1950's, is veldtogte vir die instelling van afdwingbare sanksies teen Suid-Afrika deur die Afro-Asiatiese nasies in die Verenigde Nasies gevoer. Die rede vir hierdie veldtogte was die Suid-Afrikaanse regering se beleid van apartheid. In al die vroeë veldtogte van hierdie aard, het Suid-Afrika die ondersteuning van die VSA geniet, alhoewel laasgenoemde altyd die apartheidsbeleid van die Suid-Afrikaanse regering verbaal veroordeel het. Met die aanvang van die Kennedy Administrasie in die VSA in 1961, het hierdie situasie egter begin verander. In Augustus 1963, is 'n wapenverbod deur die Kennedy administrasie teen Suid-Afrika ingestel. Hierdie wapenverbod was die eerste konkrete, praktiese stap wat deur die VSA geneem is met betrekking tot laasgenoemde se opposisie teen die Suid-Afrikaanse regering se apartheidsbeleid. Die VSA-aankondiging is 'n paar dae later gevolg deur die instelling van 'n vrywillige wapenverbod teen Suid-Afrika deur die Verenigde Nasies. Die Kennedy-administrasie het sy volle steun aan hierdie wapenverbod toegesê. In 1977 is die verbod versterk in die sin dat dit verpligtend gemaak is. Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die opbou tot die instelling van 'n wapenverbod teen Suid-Afrika deur die Kennedy administrasie in 1963. Dit sal insluit: die verdedigings- en strategiese belang van Suid-Afrika vir die VSA; die mate waartoe die Afro-Asiatiese state die besluit van Kennedy om 'n wapenverbod teen Suid-Afrika in te stel, beïnvloed het; en die rol wat Suid-Afrika as anti-kommunistiese bondgenoot vir die V.S.A. gespeel het.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/46/1/EJC38017
2001-05-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error