1887

n Historia - Neither Sandhurst, nor West Point : the South African Military Academy and its foreign role models

USD

 

Abstract

Die Suid-Afrikaanse Militêre Akademie en sy buitelandse rolmodelle Die stigting van die Suid-Afrikaanse Militêre Akademie op 1 April 1950 was daarop gemik om offisiersopleiding in die Unieverdedigingsmag op dieselfde peil as in die buiteland te bring. Die idee was dus om die Akademie na die voorbeeld van West Point en Sandhurst in te rig. Die Akademie was egter totaal ondergeskik aan sy voogde, naamlik die Universiteit van Pretoria en die SA Militêre Kollege. Die kandidaatoffisiere het feitlik 'n suiwer burgerlike graad van die Universiteit van Pretoria ontvang. Die Akademie was dus nóg wat status en atmosfeer, nóg wat die militêr-akademiese voorbereiding van sy graduandi betref, op gelyke voet met West Point of Sandhurst. Teen die middel van die vyftigerjare is die Akademie na die voorbeeld van die Indiese National Defence Academy as 'n selfstandige, gesamentlike akademie vir die Leër, Lugmag en Vloot op Saldanha hervestig, dié keer onder die Universiteit van Stellenbosch. Die Akademie het steeds 'n baie oppervlakkige ooreenkoms met sy buitelandse rolmodelle getoon, aangesien dit bitter min militêre opleiding verskaf het. Van 1970 af het die Akademie die vormingsopleiding van alle Staandemag kandidaadoffisiere behartig en is sy opleidingsmodel voortaan sterk op veral die voorbeelde van West Point en die Nederlandse militêre akademie te Breda geskoei. Die weermagsdele het egter in 1976 weer die vormingsopleiding van hul onderskeie kandidaatoffisiere oorgeneem. Die Akademie het voortaan ook nie meer slegs jong, ongetroude kandidaatoffisiere toegelaat nie, maar ook opgeleide offisiere, waarvan baie reeds getroud was. Langs dié weg het die Akademie inderwaarheid 'n militêre universiteit, eerder as 'n militêre akademie geword. End

Neither Sandhurst, nor West Point: the South African Military Academy and its foreign role models The South African Military Academy was established on 1 April 1950 with a view to placing officer training in the Union Defence Force on par with international standards; and, specifically, is was to be tailored to the West Point and Sandhurst models. Yet when established, the Academy was completely subservient to its guardians - the University of Pretoria and the SA Military College - and the cadets received an almost purely civilian academic education. Therefore neither in terms of status and atmosphere nor military-academic content was it on par with either West Point or Sandhurst. During the mid-1950s, drawing on the Indian National Defence Academy, Defence Headquarters re-established the Academy as an independent, tri-service academy at Saldanha under the University of Stellenbosch. Yet, conducting very little military training, the Academy still bore only a superficial resemblance to the foreign role models. Only from 1970 was the formative training of all permanent force officers entrusted to the Academy and every effort made to tailor its training programme closely to foreign counterparts, and to West Point and the Dutch military academy at Breda in particular. However, the formative training of candidate officers was returned to the services in 1976, whilst commissioned officers, instead of candidate officers only, were also admitted to the Academy from that date with the result that the Academy became a military university rather than a military academy. End

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/46/2/EJC38040
2001-11-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error