1887

n Historia - The culture of collecting : the National Library as a memory institution

USD

 

Abstract

<b>Die kultuur van versameling : die nasionale Biblioteek as 'n instelling van herinnering</b> <br>As instellings wat die intellektuele en kulturele herinnering van die gemeenskap organiseer, is biblioteke, museums en argiewe verantwoordelik daarvoor om leer-, navorsings- en kulturele geleenthede te skep wat alle grense oorskry. Hoewel museums bevraagteken word op grond van wat in die verlede versamel is en wat toeganklik gemaak word, bly dit die mees bekende erfenisinstelling vir die publiek. Argiewe staan ook bekend as die bewaarders van herinnering. Nasionale biblioteke is minder bekend in daardie rol. Nogtans is dit spesifiek die taak van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika om Suid-Afrika se gepubliseerde dokumentêre erfenis te versamel, te bewaar en toeganklik te maak. Met miljoene items in sy besit word die Nasionale Biblioteek volgens wetgewing verplig om te "<i>versamel</i>". Dit is die uitsluitlike taak van Suid-Afrika se erfenisinstellings om te versamel en voorwerpe in hulle besit toeganklik te maak. Erfenisitems het daarin opgesluit herinnering asook die moontlikheid van talryke verhale. In hierdie verband probeer die Nasionale Biblioteek om 'n netwerk te vestig met ander biblioteke, museums en argiewe ten einde inhoud en dienste te deel, en ander kontak wat moontlik gemaak sou kon word deur die elktroniese omgewing, te fasiliteer. Ten einde sodanige meer gebruikersvriendelike navorsingsomgewing te bevorder, moet hierdie instellings hulle kennisvennootskappe versterk om die bestuuur van komplementêre komponente van fisiese, digitale en ander bronne te vergemaklik. In navolging van internasionale tendense probeer die Nasionale Biblioteek sy rol as die kern Suid-Afrikaanse herinneringsintelling te ontwikkel.

As institutions that organise the cultural and intellectual record, libraries, museums and archives are responsible for providing learning, research and cultural opportunities that transcend institutional boundaries. Museums, though contested in terms of what has been collected and what is made accessible, are the heritage institution most familiar to the public. Archives are also well-known for their role as keepers of memory. National libraries are less known for this role. Yet it is specifically the role of the National Library of South Africa to collect, preserve and make accessible South Africa's published documentary heritage. With millions of items in its stores, the National Library of South Africa is tasked by legislation to <i>"collect"</i>.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/47/2/EJC38083
2002-11-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error