1887

n Historia - Maritime defence of the Cape of Good Hope, 1779-1803

USD

 

Abstract

<b>Maritieme verdediging van die Kaap de Goede Hoop, 1779-1803</b> <br>Strategies was die Kaap de Goede Hoop se ligging aan die suidpunt van Afrika uiters waardevol vir maritieme kommunikasie na die Ooste. Met die groei in Britse internasionale handel en belange in Indië, wou Britanje ten alle koste 'n veilige basis op die roete na die Ooste bekom, maar die Kaap was in Nederlandse hande en is gewoonlik goed verdedig tydens die vele oorloë van die era. <br>Binne die bestek van dié artikel is maritieme magsprojeksie die gebruik van see-gebasseerde militêre mag om gebeure aan land direk te beïnvloed, en maritieme verdediging is verdediging teen maritieme magsprojeksie ter see en op land. Die verdediging van die Kaap teen maritieme magsprojeksie is essensieel op drie wyses uitgevoer. Die garnisoen en milisiemagte was eerstens beskikbaar om fortifikasies te beman en 'n invaller militêr teë te gaan, terwyl belangrike strande, ankerplekke en baaie deur 'n stelsel fortifikasies beskerm is. Laastens het oorlogskepe soms verdediging verskaf deur 'n vyandige aanval af te skrik of 'n vyandelike vloot uit te skakel. Gedurende die periode onder bespreking was die maritieme verdediging van die Kaap uiters belangrik. Tydens die Vierde Anglo-Nederlandse Oorlog (1780-4) is 'n Britse poging om die Kaap te verower deur die teenwoordigheid van 'n Franse land- en seemag gefnuik. In 1795 met die Eerste Britse Besetting van die Kaap het 'n swak verdedigingspoging deur 'n verdeelde verdediger tot kapitulasie gelei. Daarenteen het die Britte tussen 1795 en 1803 'n voldoende vloot- en landmag ter beveilig van die Kaap plaaslik ontplooi.

The maritime defence of the Cape was of the utmost importance in the late eighteenth century. During the Fourth Anglo-Dutch War (1780-4) a British attempt on the Cape was foiled by the presence of a French military and naval force. In 1795, when the British conquered the Cape, poor defence and a weak defender caused the Dutch to capitulate. In contrast the British maintained a capable military and naval force for defensive purposes during the First British Occupation of the Cape (1795-1803).

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/48/1/EJC38100
2003-05-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error