1887

n Historia - Effects of dewatering and sinkholes on people and environment - an analysis of the Carletonville area in Gauteng, South Africa

USD

 

Abstract

<b>Die gevolge van ontwatering en sinkgatvorming op die mens en omgewing - 'n analise van die Carletonville-gebied in die Gauteng-provinsie, Suid-Afrika</b> <br>Ouer generasies sal die reeks sinkgate wat gedurende veral die vyftiger- tot sewentigerjare in die Carletonvillese munisipale gebied gevorm het, goed onthou. In die besonder is dit die permitte wat in 1964 deur die regering aan goudmyne in hierdie gebied uitgereik is om die drie geologiese dolomitiese kompartemente te ontwater wat kontoversieel was. Sedertdien het ontwatering 'n ernstige impak op die ekologie van die omgewing en streek gehad. Onder meer is die Mooirivier stroomaf erg besoedel. Hierdie deurslaggewende besluit deur die regering is benewel deur die mees verleidelike ekonomiese beginsels, naamlik groter wins en 'n hoër belastingwinsgrens. <br>Uit 'n nasionale perspektief het vrae soos die etiese beginsel daaragter en die kwessie van menseregteskendings teenoor diegene wat ernstig deur die besluitneming geraak is, bloot eenvoudig betekenislose aangeleenthede geword. Dit kom voor asof die destydse regering ook nie verantwoordelik gehou is vir die ernstige sielkundige en ekonomiese terugslae van veral die Carletonville-bewoners nie. Eventueel het die proses om 'n ommekeer van die "ontwateringsoefening" te bewerkstellig tot skade van miljoene rand gelei. Te midde van hierdie gebeure was daar ook kommer rakende die finansiële verliese van welbekende goudmyne as gevolg van die skade aan myninfrastrukture, -eiendom en -werknemers sowel as 'n verlies van familie deur sommige werknemers. Boere en sommige sakelui het van tyd tot tyd hierdie omstrede prosesse van ontwatering en die gevolge daarvan onsuksesvol bevraagteken. Die wyse waarop die proses verloop het, sowel as die uitwerking wat dit op die mens en omgewing gehad het, word in hierdie artikel bespreek. Skrywers uit 'n verskeidenheid van dissiplines het waardevolle navorsingsinsette gelewer met die doel om oor hierdie aangeleentheid, waaroor die laaste woord waarskynlik nog nie gespreek is nie, 'n wyer en meer opgedateerde perspektief te bied.

An older generation can still remember the sinkholes that formed in the fifties and sixties of the twentieth century in the Calrletonville municipal area. It was the result of permits issued by the South African government to the mining companies to dewater three dolomitic compartments in the region. Since then the dewatering of the area has had a negative effect on the ecology of the region. In the article these aspects are taken into consideration from a socio-economic perspective.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/48/1/EJC38107
2003-05-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error