1887

n Historia - Taking up the white man's game : the rise and decline of African cricket in Durban, 1930-1960

USD

 

Abstract

<b>Om die wit spel op te neem : die opkoms en agteruitgang van Swart krieket in Durban, 1930-1960</b> <br>Met die 2003-kriekettoetsreeks tussen Engeland en Suid-Afrika was Engelse kommentators Jonathan Agnew en Henry Blofeld opreg verbaas toe kopieë van André Odendaal se The Story of an African Game (2003) aan hulle oorhandig is. Soos baie wit Suid-Afrikaners, was hulle onbewus daarvan dat die geskiedenis van krieket in Suid-Afrika se swart gemeenskappe verder as 'n halfeeu terug in die verlede strek. In hierdie artikel word die aanname dat swart mense begin krieket speel het toe wit administrateurs die spel in die 1980's aan hulle bekendgestel het, weerlê. Die studie dra by tot die groeiende historiografie oor swart krieket deur ondersoek in te stel na die pogings van die swart elite en die plaaslike owerheid om krieket vanaf die 1930's in Durban te laat posvat. Die aanklank van dié pogings het beperk gebly tot die elite en migrante uit ander dele van Suid-Afrika. 'n Verdere rede waarom krieket nie wortelgeskiet het nie, was die veranderende houding van die Staat jeens swart mense na 1948; die hervestiging van swart mense in townships met ontoereikende fasiliteite gedurende die 1960s en die sluiting van Adams Mission ('n elite instelling met 'n krieket-tradisie) in 1956. Die gevolge is duidelik te sien in post-apartheid Suid-Afrika: Kaapse swart mense blink uit op internasionale vlak. KwaZulu-Natal het 'n innoverende beleid begin volg om hierdie wanbalans aan te spreek, soos om swart leerders in voormalige wit skole te plaas. Heersende tendense toon dat krieket steeds 'n elitistiese sport in Suid-Afrika is - die meerderheid Suid-Afrikaanse spelers op internasionale vlak, swart en wit, is die produkte van elite privaatskole.

During the 2003-cricket test series between England and South Africa, English commentators Jonathan Agnew and Henry Blofeld were genuinely surprised when presented with André Odendaal's The Story of an African Game (2003). Like many white South Africans, they were unaware that the history of cricket among South Africa's black communities dates back over a century and a half. This article challenges the assumption that Africans only took to cricket when white administrators introduced the game in the 1980s. This study contributes to the growing historiography on black cricket by examining attempts by African elites and the local government to establish cricket in Durban from the 1930s. Support was largely confined to the African elite and migrants from other parts of the country. Cricket also failed to take root because of the changed relationship between the State and Africans after 1948, relocation to townships where facilities were inadequate from the 1960s, and the closing of Adams Mission, an elite institution with a cricketing tradition, in 1956. Even nominal support for cricket faded from the 1960s. The consequences are evident in post-apartheid South Africa where Africans from the Cape have flourished at international level. KwaZulu-Natal has adopted innovative policies such as placing African learners in former white schools to remedy this. Current strategies show that cricket remains an elitist sport in South Africa, with the majority of black and white South African cricketers on international level produced mainly by elitist private schools.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/48/2/EJC38121
2003-11-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error