1887

n Historia - Negentiende- en twintigste-eeuse plattelandse Afrikaanse trustmaatskappye en eksekuteurskamers : 'n Evaluering van hulle kenmerke, bydrae en agteruitgang

USD

 

Abstract

Afgesien van enkele negentiende-eeuse voorbeelde, was plattelandse trustmaatskappye en eksekuteurskamers met 'n oorwegend Afrikaanse karakter by uitstek 'n tipe finansiële instelling wat die eerste helfte van die twintigste eeu gekenmerk het. As plaaslike finansiële instellings het hulle besondere kenmerke ontwikkel en bygedra om die sosio-ekonomiese landskap van hulle plaaslike omgewings te help vorm. Die Depressie van die dertigerjare en die daaropvolgende Tweede Wêreldoorlog met die veranderde ekonomiese en finansiële bedeling wat dit tot gevolg gehad het, het plattelandse trustmaatskappye en eksekuteurskamers se vreedsame en geïsoleerde bestaan as die "aristokrasie" van die Suid-Afrikaanse finansiële wêreld onherroeplik verander. Die instellings moes toenemend ervaar dat die uitdagings van die na-oorlogse finansiële wêreld die besigheidsfilosofie waarop hulle aanspraak as finansiële aristokrate berus het, asook die finansiële praktyke waarin dit prakties gestalte gevind het, in die na-oorlogse wêreld "oudmodies" en al hoe minder haalbaar geword het. Hulle vroeëre trots het nou eerder struikelblokke geword wat hulle aanpassingsvermoë geïnhibeer het en gedreig het om hulle in nasionale monumente, eerder as die dinamiese finansiële instellings wat hulle aanvanklik was, te verander. Die fokus van hierdie artikel is die identifisering en evaluering van die kenmerke, bydrae en agteruitgang van hierdie unieke finansiële instellings.


With the exception of a few nineteenth-century examples, rural trust companies and boards of executors with a predominantly Afrikaans character manifested mainly in the first half of the twentieth century. As local financial institutions they developed their own peculiar characteristics and helped to mould their local socio-economic landscape. The Depression of the 1930s and the Second World War transformed the economic and financial dispensation in which they operated and ended their peaceful and isolated existence as the "aristocracy" of the South African financial world. Their business philosophy and financial practices on which their claim to being financial aristocrats was based, became progressively outmoded in the post-war world. Their previous strength now became a stumbling-block which inhibited their ability to adapt to the new circumstances and threatened to turn them into national monuments, instead of the dynamic financial institutions they once were. The focus of this article is to identify and evaluate the characteristics, contribution and decline of these unique financial institutions.

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/52/2/EJC38278
2007-11-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error