1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Cession of whole life insurance rights

USD

 

Abstract

Hierdie bespreking handel oor sessie van vorderingsregte uit lewensversekeringskontrakte. Daar word veral aandag gegee aan die effek van begunstigingsaanwysings in dié kontrakte op sessie van die regte ingevolge sodanige kontrakte. Die onderskeie regte wat deur lewensverse- keringskontrakte geskep word, word ontleed en die sedeerbaarheid daarvan word bespreek. Daar word aandag gegee aan die effek van 'n sekerheidsessie deur die versekerde van sy / haar reg op die opbrengs van die polis. In besonder word die effek van sodanige sessie op die versekeraar (as skuldenaar ingevolge die lewensversekeringskontrak) se regsposisie ontleed. In die onderhawige geval was die vraag aan wie die versekeraar moet uitbetaal waar daar 'n begunstigingsaanwysing en 'n sekerheidsessie was. Daar word klem gelê op regsgeleerdes se verantwoordelikheid om korrekte kennis aangaande ingewikkelde regsinstellings wat by versekeringskontrakte ter sprake kom, aan kliënte oor te dra en om dokumente behoorlik op te stel. Sodoende kan gevolg gegee word aan die partye se bedoeling en die taak van die regter wat oor geskille moet besleg word ook vergemaklik.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/1/EJC54470
2003-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error